Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Sinki terug op Via as matrieks se ‘ousus’

Sinki Mlambo is terug met die tweede seisoen van My matriekafskeid op Via (DStv-kanaal 147). Sy stap die pad saam met matriekmeisies en ontdek die uitdagings waarmee hulle opgesaal word ter voorbereiding van die groot aand. Ons gesels met Sinki oor die nuwe seisoen en waarna kykers kan uitsien.

Sinki Mlambo in My matriekafskeid.

Wat is nuut?

Ons het ’n groot digitale fokus dié seisoen.

Ons het gesien hoe baie leerlinge sosiale media gebruik en ’n vlogging element in die seisoen ingewerk, wat die inhoud vars en uniek maak.

Watter aspek van die program is jou gunsteling?

Die unieke verhoudings wat ek met elke deelnemer het, is iets wat my bybly.

Ek gesels nog gereeld met van die meisies van die eerste seisoen.

Dit is vir my ongelooflik lekker om die pad met elkeen te loop en dit vanuit hulle perspektief te ervaar. Dit voel asof ek letterlik 39 klein sussies ryker geword het.

Wat implementeer jy as aanbieder om elke episode so interessant as moontlik te maak?

Ek dink as ’n mens te tegnies raak met ’n werklikheidsprogram, verloor jy van die magiese element. So ons is 100% eerlik! Ek en die deelnemers vergeet amper daar is ’n kamera wat ons volg en geniet onsself gate uit! Ek sal sê ons eerlikheid en opregtheid met mekaar sorg vir goeie TV.

Watter raad kan jy vir meisies gee wat op die dag beeldskoon wil lyk, maar ook gemaklik wil wees?

Ek dink dat elke meisie moet onderskei tussen wat in die mode is en wat vir hulle die beste werk. Jy dra die rok, nie andersom nie. Kies mooi en slim. Kies ’n fokuspunt! Alles kan nie skitter nie, veral as dit by grimering en hare kom.

Wat kan matrikulante doen om hul aand vroegtydig af te skop? Soos ’n skemerkelkie of so?

’n Skemerkelkie saam met jou vriende en ’n fotosessie is altyd ’n goeie idee. Ek is vreeslik erg oor my familie en voordat ek my aand saam met my vriende afgeskop het, het ons net vir oulaas lekker by die huis gekuier. As jy so familievas is soos ek, doen iets spe­siaal by die huis ook.

Watter lesse het jy in die vorige seisoen as aanbieder geleer?

Wees eg en teenwoordig! Wat jy op die skerm sien, is wie ek is, my gedagtes en opinies.

Ek dink dis soos hoe jy vriende maak in die lewe: jy beeld ietsie van jouself uit aan hulle, en hulle gee vir jou ’n bietjie meer van hulself.

Hoe meer dié tipe transaksie gebeur, hoe meer vertroue word gebou en voordat jy dit weet, is julle besties!

Wat doen jy as aanbieder om die meisies so kalm en selfversekerd as moontlik te laat voel voor en op die groot dag?

Ek luister. Daar is ’n verskil tussen wat gesê word en wat eintlik gehoor moet word. So ek luister en kyk baie fyn. Ek loer gereeld in om op te volg met die proses en jaag aan waar ek moet. Ek is die ouer sussie!

  • Nuwe episodes van My matriekafskeid kan op Maandae om 20:30 geniet word met heruitsendings op Saterdae om 17:30. My matriekafskeid word met trots geborg deur Afrikaans.com.
Meer oor:  Via  |  Tv
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.