Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Skryf in vir ‘Plaasjapie’

Kan jy vir ’n maand op ’n plaas oorleef? Skryf in vir kykNET se nuwe werklikheidsprogram, Plaasjapie, en bewys dat jy ’n boer is wat ’n plan kan maak.

plaasjapie
Plaasjapie word eersdaags op kykNET uitgesaai.

20 stads- of dorpsmense (wat geen plaas- en boer-ervaring het nie) bly vir ’n maand op ’n plaas in ’n skuur sonder moderne tegnologie en hulle moet wys hulle is slim genoeg om boere te wees.

In Plaasjapie moet die deelnemers planne maak, met mekaar oor die weg kan kom, maar ook die speletjie ten volle kan speel sodat hulle die ander deelnemers kan uitoorlê en tot die einde kan deurdring. Die deelnemers sal eerstehands beleef hoe die plaaslewe jare gelede was toe boere met min tegnologie en hulp oor die weg moes kom.

Plaasjapie gaan nie net oor oorlewing en fisieke werk op ’n plaas nie – allesbehalwe. Dit gaan oor strategie, deursettingsvermoë en slimmer wees as die res van die deelnemers. Sommige van die uitdagings vind plaas in spanne en ander is individuele uitdagings.

En daar mag dalk ’n gekonkel agter jou rug wees wat jy tot jou voordeel kan gebruik, of wat jou moontlik jou oorlewing in die kompetisie gaan kos.

Inskrywings sluit 15 Februarie 2020 by kykNET.tv en daar is groot pryse op die spel.

Meer oor:  Kyknet  |  Plaasjapie  |  Plaas  |  Oorleef  |  Maand  |  Werklikheidsprogram
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.