Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Só lyk Emmy-gunstelinge

Ondanks kykers se misnoeë met die fantasiedrama Game of Thrones se slotepisode, staan dit vanjaar weer ’n kans om as die beste dramareeks by die 71ste Emmy-televisieprysseremonie aangewys te word.

Game of Thrones is weer as beste dramareeks benoem.

Dié televisiepryse word Maandagoggend (Suid-Afrikaanse tyd) in die Microsoftteater in Los Angeles in die deelstaat Kalifornië in die VSA aangebied.

USA Today berig die reeks wat ná agt seisoene geëindig het, sal wen en behoort te wen. Entertainment Online glo ook dit sal wen, maar sy gunsteling is eerder Pose.

The Guardian wil hê die reeks Succession moet wen, maar voorspel dat Game of Thrones met die louere sal wegstap.

Game of Thrones is al drie keer as beste dramareeks aangewys en vanjaar is die akteurs Kit Harington, Emilia Clarke, Lena Headey, Peter Dinklage, Sophie Turner en Maisie Williams vir Emmy’s benoem.

Intussen is Fleabag ’n groot gunsteling onder televisieskrywers om as die beste komediereeks aangewys te word, maar Rolling Stone, USA Today en Entertainment Online voorspel al drie dat Veep die kroon sal dra.

The Guardian voorspel egter dat The Marvelous Mrs. Maisel dié prys sal wen, hoewel Fleabag ook sy gunsteling is.

Rachel Brosnahan in The Marvelous Mrs. Maisel.

Verlede jaar was ’n goeie aand by die Emmys vir The Marvelous Mrs. Maisel. Amy Sherman-Palladino het pryse ontvang vir die teks én regie, terwyl Alex Borstein die prys van beste vroulike byspeler in ’n komediereeks vir haar rol in die reeks losgeslaan het.

Die gewilde reeks Chernobyl het 19 benoemings losgeslaan.

Die reeks handel oor die kernongeluk in die Oekraïne en die Sowjet-regering se pogings om dit te verdoesel.

Dit is onder meer as beste beperkte reeks benoem.

The Guardian, Rolling Stone en Entertainment Online het dit as hul keuse gekies.

The Guardian en Entertainment Onlinve voorspel egter When They See Us sal wen.

Die aktrsie Sandra Oh staan ’n groot kans om die prys as beste aktrise in ’n dramareeks vir haar rol in Killing Eve los te slaan.

Sandra Oh as Eve Polastri en Jodie Comer as Villanelle in Killing Eve.

Rolling Stone, USA Today en Entertainment Online voorspel almal Oh gaan wen, hoewel sy nie almal se keuse is nie.

Jodie Comer, wat ook in Killing Eve verskyn, is ook in dié kategorie benoem.

Billy Porter staan ’n groot kans as die beste akteur in ’n dramareeks aangewys te word.

Hy is benoem vir sy rol in Pose.

USA Today, The Guardian en Rolling Stone skaar hulle by Porter.

The Guardian en Rolling Stone sal verkies as Julia Louis-Dreyfus vir haar rol in Veep as beste aktrise in ’n komediereeks aangewys kan word.

The Guardian skaar hom ook by Bill Hader vir sy rol in Barry as beste akteur in ’n komediereeks.

Suid-Afrika se Trevor Noah is weer vandeesweek vir ’n Emmy benoem vir sy geselsprogram The Daily Show with Trevor Noah op Comedy Central.

The Big Bang Theory, een van die gewildste sitkoms tot nog toe, is in geeneen van die hoofkategorieë benoem nie. Die reeks het in Mei vanjaar geëindig.

* Die Emmys word Maandag om 02:00 op M-Net (DStv-kanaal 101) uitgesaai. Dit word Maandagaand om 21:00 heruitgesaai.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.