Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
‘Spoorloos 3’ is hier!

In die derde seisoen van die kykNET-drama Spoorloos wonder baie van die karakters: “Wie is ek?”

Spoorloos: Steynhof, uit die pen van Christo Davids, ook die regisseur, begin op 6 Julie en bestaan uit agt episodes.

Dit volg nie op die tweede seisoen nie, soos wat die eerste seisoen ook ’n ander verhaal vertel het.

Franci Swanepoel as Therese van Tonder in ‘Spoorloos: Steynhof’. Foto: Eden Wessels

“Die karakters loop almal met geheime rond en het baie om te verloor,” sê Franci Swanepoel, wat die rol vertolk van Therese van Tonder, wat 15 jaar gelede ’n baba onder ’n straatlig gevind en gered het.

’n Baba verdwyn van ’n plaas in die Noord-Kaap en twee mense word dood in haar ouerhuis aangetref. Die oppasser en die baba is weg.

Daarvan weet Therese nie – sy het net die kind hoor huil toe sy by ’n stopstraat stilgehou het.

Therese en haar dogter, Adri (vertolk deur Jane de Wet), is in die eerste episode nuwe intrekkers op ’n dorp – hul hoeveelste adres.

Adri se geboortesertifikaat was nog altyd skoonveld en dit veroorsaak probleme by haar nuwe skool. Dit lei tot ’n konfrontasie met haar ma, wat dan bely: Sy het 15 jaar lede ’n kind onder ’n straatlig gekry.

Sy wou haar na die naaste polisiekantoor neem, maar sy het geheg geraak aan die kind.

Brent Vermeulen, Jane de Wet en Franci Swanepoel in ‘Spoorloos: Steynhof’.

“Maar soos sy dit stel: ‘Die Here het jou vir my gegee.’ Dat sy die kind gered het, is eintlik haar ondergang, want dit vreet haar op. Sy vlug kort-kort, sy hardloop al 15 jaar lank weg.”

Tog kry sy haarself mettertyd nie meer jammer nie.

“En dan kom die leeuwyfie in haar uit. Sy wil dinge regmaak.”

Ilse van Hemert van Ochre Moving Pictures is die toesighoudende vervaardiger en teksredigeerder. Ochre Pictures was ook die vervaardiger van die vorige twee seisoene en die onlangse M-Net-dramareeks Lioness.

Spoorloos: Steynhof se rolverdeling sluit in Brent Vermeulen, Stiaan Smith, Arno Marais, Diaan Lawrenson, Eloise Clasen en Vinette Ebrahim.

• Dit begin op 6 Julie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).

Meer oor:  Kyknet  |  Christo Davids  |  Televisie  |  Dramareeks  |  Spoorloos: Steynhof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.