Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Stemmet kan nie wag vir nuwe ‘Noot vir noot’
Slaggereed: Emo Adams, nuwe aanbieder van die musiekspeletjieprogram Noot vir noot, en Johan Stemmet, wat nog as regisseur en vervaardiger betrokke bly. Foto: Twitter/Emo Adams

Johan Stemmet sien “met kinderlike genot” uit na die splinternuwe reeks van Noot vir noot Donderdagaand op SABC2, waarin Emo Adams in sy skoene as aanbieder gaan klim.

Emo Adams (regs) en die nuwe musiekmaker van Noot vir noot, DJ Shelly. Foto: Emo Adams/Twitter

Volgens die skepper en jare lange aanbieder van dié gewilde musiekspeletjieprogram is die tyd perfek om die leisels aan die 41-jarige Adams te oorhandig.

“Met die nuwe baadjie gaan Noot vir noot nou soveel meer as tevore bied. Ek kan nie wag om te sien hoe getroue volgelinge en nuwe kykers daarop reageer nie,” sê Stemmet.

“Ons het seker gemaak dat ons nie wegbeweeg van die bestaande gehoor nie, maar eerder van vars elemente soos ’n nuwe stel, formaat en aanbieding gebruik maak om ook ’n nuwe geslag kykers aan die program bekend te stel,” sê die 67-jarige Stemmet, wat steeds as regisseur en vervaardiger betrokke bly.

“Die nuwe Noot vir Noot gaan goed op die oog én oor val.”

Die Musiekfabriek maak plek vir DJ Shelly (Rochelle de Bruyn), wat ’n meer lewenslustige en jonger aanslag sal hê.

Adams, bekend as sanger en komediant, het al agt keer op Noot vir noot as ’n gas verskyn. Nou gaan hy die gasheer wees vir onder andere Jo Black, Nadine, Snotkop, Monique Steyn, Liezel Pieters, Kurt Darren, Refentse, Nicholas Louw, Corlea Botha, Jak de Priester en Dewald Wasserfall.

Adams sê hulle wil nie die bestaande gehoor vervreem nie, maar ’n jonger een bykry. “Noot vir noot is ’n program met die uitsonderlike vermoë om mense van alle ouderdomme bymekaar te bring. Dit is jare lank ’n instelling in almal se huise en dit is ’n absolute voorreg om deel daarvan te wees.”

Die charismatiese Stemmet het oor die 29 jaar as aanbieder sy eie sê-goed soos “kyk hoe kyk sy vir my” en “hier’s ’n R50’tjie vir jou” gehad, maar die skreeusnaakse Adams belowe om ’n paar van sy eie kwinkslae te hê!

*Die 44ste reeks van Noot vir noot begin Donderdag op SABC2 en word om 19:00 uitgesaai.

Meer oor:  Johan Stemmet  |  Emo Adams  |  Noot Vir Noot  |  Tv-Program
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.