Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
‘Still Breathing’ vertel van verlies wat ons almal ken

Sy het die woord “verlies” se betekenis eers werklik verstaan met haar suster se dood aan kanker, sê die aktrise Tiffany Barbuzano, draaiboekskrywer van die M-Net-dramareeks Still Breathing, wat Donderdag begin.

Die reeks handel oor vriendskap, verraad en verlies.

Shannon Esra, Kate Liquorish en Tiffany Barbuzano in ‘Still Breathing’. Foto: M-Net

Dit skets die lief en leed van ’n groep vriende wat weens ’n tragedie herenig word.

Barbuzano het dié reeks deur BBZ Films saam met haar man, Johnny Barbuzano, geskep in die tyd wat haar suster van hulle afskeid geneem het.

Haar suster is twee jaar gelede aan borskanker dood.

“Verlies is tog die universele vereniger, reg?. Dit is die een ding wat ons almal een of ander tyd ervaar, ongeag waar jy vandaan kom. Maar as jy steeds asemhaal, is jy die gelukkige een.”

“Dit was ’n proses vir my om te verstaan wat verlies beteken, sowel as die proses wat ’n mens deurgaan.”

Tiffany het besef iemand wat nog hier is, haal steeds asem.

Daarom dui die titel Still Breathing vir haar op hoop.

“Verlies is tog die universele vereniger, reg?. Dit is die een ding wat ons almal een of ander tyd ervaar, ongeag waar jy vandaan kom. Maar as jy steeds asemhaal, is jy die gelukkige een.”

Johnny is die regisseur.

Die Barbuzano-egpaar het onlangs op ’n voorskou in Sun City in Noordwes oor die skep van die reeks gepraat.

“Ek en Johnny het nog altyd in die dinamika tussen vriende belang gestel,” sê Tiffany.

“En wanneer jou vriende jou familie word. Ons het ’n geruime tyd met idees rondom hierdie tema gespeel.”

Tiffany vertolk die rol van Jess.

Die anders spelers sluit in Kate Liquorish, Brandon Auret, Shannon Esra, Siv Ngesi en Brendan Pollecutt.

Liquorish vertolk die rol van Abi, Jess se suster.

“Die reeks bestaan uit die spelers wat ons van die begin af in gedagte gehad het,” sê Tiffany.

“Ek het die reeks deurlopend met Brendan in gedagte geskryf. Met baie van sy dialoog het ek besef waarom ek dit só geskryf het elke keer wat die woorde uit sy mond kom.”

Die akteur Sean Taylor het van die VSA teruggekeer om in die reeks te verskyn en Ty Keogh het uit Engeland na Suid-Afrika gereis.

Wat om te verwag:

Sommige van die vriende in Still Breathing laat vyande byna goed lyk.

Vir kykers van spanningsverhale sal die aanvanklike tempo van die storie dalk effens stadig verloop, maar wees geduldig, hoe later hoe kwater.

Die kinkels wag en die eerste episode eindig op ’n dramatiese noot wat tot veel innerlike drama vir meer as een van die karakters lei.

En meer as een karakter se ware kleure word ontbloot.

Terselfdertyd is ’n vlugtige ongelukstoneel aan die begin van die eerste episode reeds ’n aanduiding van wat reeds gebeur het, of nog voorlê.

Daar was al kritiek oor dié manier van storie vertel, maar sonder hierdie (vlugtige) terugflits, sal baie kykers dalk van kanaal verander.

Tog hou die emosies en humor ’n mens voor die kassie.

En menige kyker sal hulle kan vereenselwig met die leed van ’n aftakelende siekte, riskante sakebesluite en moederskap en die druk om ’n gesin bymekaar te hou.

* Still Breathing begin Donderdag om 20:00 op M-Net (DStv-kanaal 101) en die reeks bestaan uit 13 episodes.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.