Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Stories uit die Karoo eersdaags op kassie
Hylton NelFoto: Verskaf

Die stories van die mense van die Karoo word eersdaags in ’n nuwe TV-reeks vertel. Karoobewoners, wat van 5 Januarie op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai word, gee ’n blik op inwoners wat daar gebore en getoë is, asook mense wat na die streek verhuis het – die “ingeburgerdes en inkommers” soos dit in ’n mediaverklaring staan.

Die Karoo is egter nie net die plek waar dié mense se stories afspeel nie. In dié reeks word dit geplaas as die sentrale spil waarom die res draai – anders gestel: die reeks se hoofkarakter.

In elke episode word daar op spesifieke gebied in die Karoo gefokus. Die loodsepisode vertel van ene Petrus en Liana wat hul gesin op hul gasteplaas grootmaak, terwyl ’n gerestoureerde 1854 Kaaps-Hollandse huis ook besoek word.

In die res van die reeks is daar stories oor lief en leed, melkskommels en herwinningskuns, asook oor die wêreldbekende keramiekkunstenaar Hylton Nel. Ons volg ook die verhaal van die immergewilde rieldansgroep die Prins Albert Vastrappers.

Karoobewoners is geskep deur BrightRock, ’n maatskappy wat in behoefte-gerigte lewensversekering spesialiseer.

“Ons hou daarvan om stories te deel oor hoe mense hul lewens aanpas en verander, omdat ons glo verandering bring nuwe geleenthede,” sê Suzanne Stevens, adjunk-uitvoerende beampte.

Karoobewoners deel die stories van diverse mense wat nuwe en interessante dinge doen. Dit ondersoek lewensreise, mense se bereidheid om te verander en hoe van hulle selfs internasionaal erkenning gekry het vanuit die stilte en afgesonderdheid van die Karoo.”

• Karoobewoners begin op 5 Januarie om 21:00 op kykNET, DStv-kanaal 144.

Kyk die lokprent:

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.