Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Stromings-dienste verwyder rassistiese inhoud

Stromingsdienste soos Netflix, HBO Max en BBC iPlayer het almal vandeesweek inhoud van hul platforms verwyder wat rassediskriminerend en -onsensitief is.

Netflix is een van die stromingsdienste wat rassistiese inhoud verwyder het. Foto: Getty Images

Dié stap volg op die dood van George Floyd, ’n 46-jarige swart Amerikaner wat op 25 Mei in Minneapolis deur onder andere Derek Chauvin, ’n 44-jarige wit polisielid, op die grond vasgepen is nadat Floyd glo met ’n vals banknoot by ’n winkel wou betaal. Floyd het uiteindelik sy bewussyn verloor en is kort daarna in ’n hospitaal dood verklaar.

Sy dood het opnuut die kollig op rassisme en polisiegeweld in Amerika en die res van die wêreld geplaas, en het tot wêreldwye #BlackLivesMatter-betogings en -opstande gelei.

Dit het talle stromingsdienste ook genoop om na binne te kyk en onsensitiewe en diskriminerende inhoud van hul platforms te verwyder.

Volgens The Guardian het Netflix die TV-reekse The Mighty Boosh en The League of Gentlemen weens wit akteurs se rassistiese vertolkings van swart karakters – sogenaamde “blackface” – verwyder. Volgens die BBC is die komediereeks Little Britain om dieselfde rede op Netflix en BBC iPlayer geskrap, terwyl Variety berig vier omstrede komedievertonings deur die Australiese komediant Chris Lilley het ook “stil-stil” van Netflix af verdwyn.

’n Woordvoerder van HBO Max het aan Variety gesê die 1939-fliek Gone with the Wind is van hul platform verwyder weens talle rassevooroordele in die teks en rassestereotipes wat in die fliek voorkom. Die fliek, wat met agt Oscars bekroon is – onder meer vir die beste byspeler aan Hattie McDaniel, die eerste swart persoon wat ’n Oscar kon wen – sal glo later weer op die platform beskikbaar wees, saam met ’n gesprek wat die historiese konteks van die fliek uiteensit en rassistiese uitbeeldings daarin aan die kaak stel.

Netflix het ook intussen ’n #BlackLivesMatter-versameling op sy platform saamgestel waarin inhoud met die “magtige en ingewikkelde narratiewe van swart mense se ervarings” saamgevat is.

Maaga sê die MultiChoice-groep het met betrekking tot rassistiese inhoud ’n beleid van geen verdraagsaamheid, en het in die verlede al inhoud met 'onaanvaarbare uitbeeldings van rassistiese vooroordele' verwyder.

Netwerk24 het woordvoerders van die plaaslike stromingsdiens Showmax oor spesifieke flieks op sy platform gepols en gevra of daar enige oorweging is om dit op grond van rassistiese uitbeeldings te verwyder.

Dié versoek is eindelik na die MultiChoice-groep verwys en deur Benedict Maaga, senior bestuurder: korporatiewe kommunikasie, beantwoord.

Volgens Maaga is die MultiChoice-groep gekant teen enige vorm van rassisme en vooroordeel.

“Waar nodig, ondersoek en verwyder ons inhoud wat rasse-onsensitief is. Ons doen dit nie net omdat ons – met betrekking tot die inhoud wat ons aan ons kliënte uitsaai – ons verbind tot die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (BCCSA) se gedragskode nie, maar ook omdat ons uit ons pad gaan om te verseker dat geen van ons inhoud op enige manier diskriminasie en haatspraak bevorder nie.”

Maaga sê die MultiChoice-groep het met betrekking tot rassistiese inhoud ’n beleid van geen verdraagsaamheid, en het in die verlede al inhoud met “onaanvaarbare uitbeeldings van rassistiese vooroordele” verwyder.

Hy sê die bedryf in Suid-Afrika is “gelukkig” om ’n instansie soos die BCCSA te hê, waardeur lede van die publiek hulle tot verantwoording kan roep sou hulle (kykers) voel dat enige van hul inhoud rassediskriminerend of -onsensitief is.

Meer oor:  Multichoice  |  Blackface  |  Showmax  |  George Floyd  |  Netflix  |  Tv  |  #Blacklivesmatter  |  Rassisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.