Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
‘Suidooster’ waai ou bekendes terug

’n Hele paar bekende gesigte maak binnekort weer hul verskyning in die gewilde kykNET-sepie Suidooster.

Elsabé Daneel sal van Donderdag af in die sepie te sien wees wanneer haar karakter, Estelle, skielik opdaag in Ruiterbosch (die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar die sepie afspeel).

Elsabé Daneel, wat die rol van Estelle vertolk.

Dit is vir haar wonderlik om terug te wees op die stel van Suidooster, sê Daneel. Sy was die afgelope paar jaar al ’n paar keer in die daaglikse drama te sien as Carmen (Desiré Gardner) se ma, wat ook die aanneemma van Bianca (Simone Biscombe) is.

“Dis vir my heerlik om weer in Estelle se klere te klim omdat sy so ’n ongelooflik positiewe en sterk karakter is,” sê Daneel. “Sy is iemand wat haar deur niks laat keer nie en sy is ’n praktiese boervrou.”

Die rede vir Estelle se besoek is om Carmen, wat komplikasies het met haar swangerskap, by te staan.

Volgens Daneel het Estelle ’n baie goeie insig hoe dinge in die lewe werk en sy het ’n groot hart, maar as ’n sterk vrou vat sy nie nonsens nie. Dit kan soms tot konflik lei en selfs kykers ontstig.

“Sy hou voet by stuk oor wat sy glo is reg, maar as sy móét ingee, sal sy,” sê Daneel. “Daarna verwyt sy niemand. Estelle het die emosionele intelligensie om te weet as sy die stryd verloor. Dan doen sy dit met grasie en gaan aan sonder verwyte.”

Kort op Estelle se hakke daag haar man, Gawie (Albert Maritz), op.

’n Ander bekende vir Suidooster-kykers, wat in April vir ’n wyle terugkeer, is die aktrise Gerwen Simon. Simon was lid van Suidooster se oorspronklike rolverdeling en was van 2015 tot 2017 as Nicci in die sepie te sien. Sy het intussen ’n paar keer gasverskynings in Suidooster gemaak.

Volgens Wilmer Müller, Suidooster se woordvoerder, wag ’n paar skokke in die komende weke op kykers.

“ ’n Paar karakters se lewe sal onherroeplik verander en ’n kinkel of twee beloof drama wat geen kyker sou kon voorsien het nie,” sê hy.

Ander gasakteurs wat ook binnekort te siene sal wees, is Adrian Alper as Gino, die pa van Joy (Monique Rockman), en André Jacobs as mnr. Pienaar, wat by die kerk in Ruiterbosch betrokke is.

“In Mei gaan kykers ook nuwe permanente karakters ontmoet, maar ons wil nie nou al te veel verklap nie,” sê Müller.

Suidooster is Maandae tot Vrydae om 18:30 op kykNET en kykNET & kie te sien.

Meer oor:  Suidooster
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.