Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Survivor: G’n wrok al vertrou Geoffrey verkeerde mense
Geoffrey Cooke-Tonnesen (33) het voor Survivor 30 kg verloor in ’n kompetisie waarin hy sy lyf moes transformeer. Hy was die algemene wenner van die kompetisie. Foto: Verskaf

Die 33-jarige Geoffrey Cooke-Tonnesen, ’n huisleningkonsultant van Ladysmith in KwaZulu-Natal, het ’n slim spel gespeel en bekend gestaan as die marionet van die huidige reeks van Survivor South Africa, is hy verlede week uitgestem en nou deel van die paneel jurielede wat uiteindelik gaan help bepaal wie die algehele wenner van die Islands of Secrets-reeks gaan wees.

“Ek het voluit gespeel en al weet ek nou dat ek dalk die verkeerde mense vertrou het, koester ek geen wrokke nie. Natuurlik wou ek wen, maar daaraan kan ek nou nie meer veel doen nie,” het Cooke-Tonnesen aan Netwerk24 gesê.

Hy het homself al voorheen beskryf as iemand wat nie ’n lekker skinderstorie kan weerstaan nie en hy is ’n bobaas manipuleerder. Boonop is hy erg kompeterend en hy glo daar is geen uitdaging wat te groot is vir hom nie. Maar die lewensuitkyk het hom nie op die Survivor-eiland in Samoa gehelp nie en die ander deelnemers het Donderdagaand besluit hy moet gaan.

Voordat hy ingeskryf het vir Survivor South Africa, het hy ’n kompetisie gewen vir die persoon wat sy lyf in die kortste tyd getransformeer het. Hy het 30 kg verloor tydens die kompetisie en as die nasionale wenner weggestap.

“Ek is geweldig kompeterend. Ek glo ’n mens kan enigiets doen as jou kop reg is. Ek het letterlik een oggend wakker geword en besef my leefstyl is heeltemal te ongesond en ek het my voorgeneem om te verander. Ek het Saterdae aan die 5 km Park Run begin deelneem en binne ses maande het ek die Comrades gaan hardloop. Ja, enigiets is moontlik,” sê Cooke-Tonnesen.

Geoffrey Cooke-Tonnesen is Donderdagaand uit vanjaar se Survivor SA: Island of Secrets gestem en hy is nou deel van die jurie. Foto:

Die nat weer en koue was vir hom die heel grootste uitdaging op die eiland.

“Ek het in my hele lewe nog nooit so koud gekry nie, en dit werk sielkundig op ’n ou. Ek kon nog die honger en fisieke en emosionele uitdagings hanteer, maar die nat en koue weer was regtig erg,” sê hy.

Op die vraag wie hy dink moet wen, is Cooke-Tonnesen uiters diplomaties en hy antwoord dat hy geen gunstelinge het nie. Hy dink wel sommige deelnemers speel die spel beter as ander, maar wil geen name noem nie.

Survivor SA, Island of Secrets word Donderdae om 19:00 op M-Net (kanaal 101) uitgesaai.

Meer oor:  Survivor  |  Realiteitsreeks  |  Tv-Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.