Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Swakopmund is Kwêla se Dorp van die Jaar
Swakopmund is Kwêla se Dorp van die Jaar. Foto: Karla Janse van Vuuren

Swakopmund is vanjaar se wenner van die kykNET-program Kwêla se gewilde Dorp van die Jaar-kompetisie.

Dié Namibiese kusdorp is Sondag aangewys as vanjaar se Dorp van die Jaar.

Paul Venter, vervaardiger van die reeks, sê Swakopmund het ’n rekordgetal stemme gekry.

Die ander twee dorpe in die top drie was Dullstroom en Stilbaai.

Venter sê Swakopmund het dubbel soveel stemme as sy naaste teenstander gekry. “Dit is ’n eerste vir die reeks.”

Die Kwêla Dorp van die Jaar-titel word toegeken aan die dorp wat die meeste SMS-stemme gekry het.

Swakopmund kan nou met ’n gesogte titel spog en Kwêla se produksiespan skiet boonop ’n advertensie van 45 sekondes vir dié dorp. Dit sal ook gebruik word in die R1 miljoen-lugtyd wat Swakopmund kry vir bemarking van die dorp.

Daar word later vanjaar ’n groot KIA Dorp van die Jaar-makietie in Swakopmund gehou.

Én, dié kusdorp se naam word nou by ’n gesogte lysie van wenners ingesluit.

Jeffreysbaai het verlede jaar met die louere weggestap. Mosselbaai, Mariental, Graaff-Reinet, De Rust, Sabie, Fouriesburg en Middelburg was ook al die Dorp van die Jaar.

Meer oor:  Kwêla  |  Dorp Van Die Jaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.