Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Sy was op program vir boer Graham, vind liefde by Gerrit

Hul liefdesverhaal herinner aan dié van boer Hennie en sy Jacobu. Sy het ook vir een boer ingeskryf, maar toe uiteindelik liefde gevind by een van die ander boere in dieselfde reeks.

Eers was Anchen van Rensburg (27), ’n gr. 1-onderwyseres oorspronklik van Bredasdorp, op die werkliheidsprogram Boer soek ’n vrou op kykNET om vir boer Graham te leer ken. Sy het hom ontmoet vir ’n blitsafspraak en hy het haar gekies as een van sy top-5. Toe het sy saam met hom, Ilne, Nikola en Elrene ’n liedjie geskryf vir ’n groepaktiwiteit.

Daarna het Graham haar nie in sy topdrie ingesluit wat saam plaas toe gegaan het nie. Maar dit het haar nie gekeer om uiteindelik op ’n plaas te beland nie.

Anchen en boer Gerrit. Hy skryf by dié foto op Instagram: “En skielik was al die liefdesliedjies oor jou.”Foto: Instagram/Gerrit Genis

Gerrit Genis (31), ’n sitrusboer van Citrusdal in die Wes-Kaap, vertel aan kykNET hoe hy en Anchen uiteindelik ontmoet en verlief geraak het: “Ek dink sy het my op Facebook gestalk toe dink sy: ‘Sjoe! Dié ou is sexy.’ Ek het ’n follow request op Instagram en Facebook gekry, toe gaan loer ek maar,” sê hy.

“Ek het gehou van wat ek sien, en toe begin ons praat. Van daar af het ons elke dag, die hele dag gepraat. Sy was baie op haar senuwees toe sy my ontmoet, maar ons het ’n onmiddellike connection gehad. Ons voel asof ons mekaar al jare ken.”

Anchen was die vrou waarvan Gerrit Leah vertel het in die reünie-episode, maar hy het toe gesê dinge tussen hulle was nog in ’n vroeë stadium.

Anchen het dié foto op Instagram geplaas met die woorde: “Niemand vergelyk met jou nie”.Foto: Instagram/Anchen van Rensburg

Maar nou is hy oortuig: “Sy ís die een”.

Anchen sê hulle bly 300 km van mekaar af, “maar ons het al ’n plan gemaak om mekaar gereeld te sien”.

“Ons is op die uitkyk sodat sy nog teen die einde van hierdie jaar Citrusdal toe kan trek,” sê hy. Hy hou veral daarvan dat sy spontaan en liefdevol is.

“Ek kan ook nie ophou vir haar kyk nie – sy is só mooi.”

Andrew (vir boer Damian), Anchen (vir boer Graham) en Anneen (vir boer Theunis) gesels oor hul blitsafsprake.

Hulle het albei foto’s op Instagram geplaas waar hulle saam kuier. In een foto sit hulle op ’n bruggie in die son en haar arm is op sy been. In ’n ander foto geniet hulle ’n drankie by ’n eetplek en sy arm is om haar lyf.

Dié twee se storie is soortgelyk aan dié van boer Hennie en Jacobu van seisoen nege.

Jacobu het voorheen gesê sy en Hennie het met die verfilming van die reünie-episode van Boer soek ’n vrou gekliek. Sy het eintlik vir ’n ander boer ingeskryf, maar hulle twee het besluit om eerder net vriende te bly.

Hennie het ook nie aanklank gevind by die vroue wat vir hom ingeskryf het nie. Terwyl die seisoen uitgesaai is, was hulle reeds vier maande lank in die geheim in ’n verhouding. Hulle het in Junie 2017 verloof geraak en in Oktober getrou.

Anchen (tweede van links) terwyl die groepie ’n liedjie geskryf het vir ’n aktiwiteit. Graham het vir Ilne gekies en die twee is steeds in ‘n verhouding.

Meer oor:  Boer Soek 'N Vrou  |  Boer Graham
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.