Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
The Bachelor: ‘Ek is gemanipuleer’
Marc en Jess soen tydens ’n vorige alleenafspraak in die Chobe- nasionale park, Botswana. Foto: M-Net

Jess R (28) van Kaapstad het in Donderdagaand se episode van The Bachelor SA op M-Net geweier om huis toe te gaan sonder antwoorde nadat Marc Buckner nie vir haar ’n roos gegee het nie.

Marc het die oorblywende twee rose vir Marisia (24) van Klerksdorp en toe vir Bridget (31) van Seepunt aangebied, en toe hy Jess moet groet sê hy vir haar: “Ek voel ’n bietjie asof ek gemanipuleer is deur jou.”

Sy het haar oë gerek en gevra, “deur my?”

Dit kom ná Jess vroeër op hul alleenafspraak gesê sy het ’n gesprek gehoor tussen Bridget en Marisia waar Bridget sê Marc het ’n geheime meisie terwyl die reeks verfilm word.

Jess het gesê Bridget het gesê hy stuur vir die geheime meisie van die geld wat hy op die program verdien om op te maak vir die feit dat hy met ander vroue uitgaan.

Marc was geskok om dit te hoor, het gesê dit is onwaar en het vir Bridget daaroor gekonfronteer.

Bridget het gesweer sy het dit nie gesê nie en Jess daarvan beskuldig dat sy dit opgemaak het om onmin te saai tussen haar en Marc.

Ek dink daar’s goed in die verhouding wat nie in die toekoms sal werk nie
Marc gee vir Jess ’n roos in die vorige episode.Foto: M-Net

“Ek verstaan nie hoe jy sê ek is manipulerend nie,” het Jess vir Marc gevra. “Ek het tyd geneem om daaroor te dink, en alles het net gekliek,” het hy geantwoord.

“Behalwe daarvoor dink ek ons is baie verskillend,” het hy gesê. “Ons is, maar opposites attract,” het Jess gesê. “Jy gaan vir my ’n rede moet gee, want volgens my was ons afspraak ongelooflik. Ja, ons aandag is dalk aan die begin bietjie afgelei, maar na al die vrae wat ek jou gevra het, het ek gedink ons voel dieselfde.”

Marc het gesê: “Ek dink daar’s goed in die verhouding wat nie in die toekoms sal werk nie”.

Jess wou weet: “Maar hoekom het jy niks gesê nie? As dit jou bekommer het moes jy met my gepraat het. Daar was geen bekommernisse op ons afspraak nie. Hoe kan dit sommerso gebeur? Jy moes oor die afgelope twee maande ’n gedagte gehad het.”

Hy het die swembadpartytjie opgehaal toe sy huilend vir hom gesê het sy het gevoel hy het net vir haar ’n roos gegee omdat hy haar jammer gekry het. Nadat hy dit genoem het, het sy hom onderbreek en gesê dit was Bridget se skuld dat hulle in die eerste plek gepraat het, want sy wou daardie dag net in haar kamer bly en huil.

Jess, Marc, Bridget en Marisia in verlede week se episode. Foto: M-Net

Sy het voortgegaan: “Ek het vir jou gesê ek is ’n eerlike mens, en duidelik wil jy nie eerlikheid hê nie. Ek weet nie of jy hier is vir die regte redes nie. Ek is eintlik spyt oor alles.”

Aan die einde van die episode was daar nie uitsluitsel oor of Jess, ’n modeontwerper en entrepreneur, wel huis toe gaan nie. Marisia en Bridget het bekommerd met rose in die hand na Marc en Jess gekyk terwyl hulle dinge uitpraat.

Dié twee het vroeër romantiese alleenafsprake gehad met Marc tydens hulle verblyf by die Kapama- privaat natuurreservaat naby Hoedspruit in Limpopo.

Marc en Bridget het gepraat oor die moontlikheid van trou en kinders saam grootmaak in Kaapstad, en hy het ook hierdie onderwerp met Marisia opgehaal. Sy het gesê gesinslewe is vir haar baie ook belangrik.

In ’n dramatiese voorval op die strand het Marisia van ’n wit perd afgeval toe die perd skielik op loop gaan. Sy het hard geval, maar net kneusmerke opgedoen en niks gebreek nie. Marc was mal oor hoe sterk sy was nadat dit gebeur het.

In volgende week se episode sluit Jess en Marc hul gesprek af en die twee vroue wat Marc kies ontmoet sy ouers. Daarna, op 28 Mei, is die finale episode waar Marc moontlik ’n ring aan een van die vroue se vingers steek.

Die program word Donderdae om 19:00 uitgesaai op M-Net kanaal 101.

Meer oor:  Marc Buckner  |  Tv-Reeks  |  Realiteitsreeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.