Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
The Bachelor: ‘Ek’t geglo ons is vir mekaar bedoel’

Terwyl Michelle Reddy Beeld se vrae beantwoord het, het sy trane in haar oë gehad.

Reddy

“Ek is al soveel keer in my lewe seergemaak en ek het regtig gehoop en bid dat hierdie my happily ever after sou wees. Ongelukkig was dit nie so bestem nie. Ek het so hard geglo dat ek en Lee dalk vir mekaar bedoel kon wees dat ek glad nie teruggehou het met my gevoelens nie. Al wat ek teruggehou het, was my verlede. Ek het voluit gegaan met my missie om ware liefde te vind,” sê sy.

Hoewel sy soms taamlik gereserveerd voorgekom het in die vorige episodes, sê sy dat sy nuuskierig is van aard en sy hou van ’n lekker avontuur en pret. Dis waarom sy in die eerste plek vir The Bachelor ingeskryf het.

Om in ’n huis vol uiteenlopende vroue te woon was ’n groot uitdaging, want sy het haarself blootgestel aan konflik en konfrontasie waaraan sy glad nie gewoond is nie.

“ ’n Huis vol mooi vroue is dalk ’n man se droom, maar dis nader aan ’n nagmerrie vir ’n vrou. Maar daar was darem ook goeie tye,” sê sy.

Aanvanklik was dit moeilik om die heeltyd TV-kameras om jou te hê, maar sy het vinnig gewoond geraak daaraan, veral die kere wanneer sy en Lee alleen was. (Hul innige omhelsing en soene getuig daarvan.)

Michelle Reddy het werklik gedink die liefdesvlam tussen haar en Lee Thompson het sterk gebrand.

“Die vurige aangetrokkenheid tussen my en Lee was my eerste prioriteit,” sê sy.

Sy het baie geleer uit haar The Bachelor-ondervinding, veral dat alle mense ’n storielyn het.

“Ek sal enige dag weer iets pak soos The Bachelor.”

Meer oor:  Michelle Reddy  |  The Bachelor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.