Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
The Bachelor SA: Bachelor stuur Pasha huis toe
Pasha trek ’n gesig aan die etenstafel terwyl sy in Bridget se rigting kyk. Foto: M-Net

In Donderdagaand se episode van The Bachelor SA op M-Net het Marc Buckner onverwags vir Pasha (27) huis toe gestuur nadat hulle tot nou toe baie na aan mekaar was.

Marc en Pasha het op twee alleenafsprake gegaan, eenkeer aan die begin van die program toe sy Marisia se plek ingeneem het op ’n afspraak, en later nog ’n keer toe hy haar uitgenooi het vir ’n alleenafspraak waar hul mekaar masseer het.

Hulle het eers op die tweede alleen-afspraak gesoen. Pasha was nie gewild onder die ander vroue in die huis nie en hulle het telkens probeer om vir Marc te wys wat haar “ware kleure is”.

Marc en Pasha langs mekaar tydens die ete. Foto: M-Net

In Donderdagaand se episode het die konflik onder die vroue kookpunt bereik toe Pasha en Bridget (31) mekaar getakel het – steeds aan die etenstafel waar die vorige episode geëindig het.

Bridget het gesê Pasha tree onvanpas op deur onderlangs te praat en ander mense in die rede te val terwyl hulle praat.

Die twee het in ’n bekgeveg betrokke geraak en Pasha het op Bridget gevloek. Marisia (24) het die bakleiery probeer keer, maar nie daarin geslaag nie. Ook Jess R (28) het in die spervuur beland toe Qiniso (26) sê sy het dubbele standaarde.

Marc gee Pasha ’n soen in die vorige episode. Foto: M-Net

Uiteindelik het Marisia in trane uitgebars en die ander vroue het haar gaan troos, terwyl Marc vir Rikki (34) ’n roos aangebied het. Die twee het vurig gevry nadat hy vir haar die roos gegee het.

Weer het Marc en Marisia ’n alleenafspraak gehad toe sy Mulesa (27) van Baysville, Oos-Londen se plek op die afspraak ingeneem het. Die twee het weer romanties gesoen en hy het vir haar oorbelle en ’n roos as geskenk gegee.

By die roos-seremonie het Marc rose uitgedeel aan almal behalwe Pasha. Nadat sy hom gegroet het, het sy gesê sy dink hy sal uiteindelik vir Jess R of Marisia kies omdat “hulle nie hou van konflik nie, en dit is waarvan hy hou”.

Daar is nou sewe vroue in die huis oor: Bridget, Gillian (26), Jess R, Marisia, Mulesa, Qiniso en Rikki.

Meer oor:  Marc Buckner  |  The Bachelor Sa  |  Tv-Reeks  |  Realiteitsreeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.