Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
‘The Bachelor’ se Jess sê Marc verdien haar nie
Marc Buckner soek na woorde om vir Jess Ross te verduidelik hoekom hy nie vir haar ’n roos gegee het nie.Foto: M-Net

Marc Buckner (36), die Suid-Afrikaanse “Bachelor”, het bewys hy is nie die man vir haar nie, sê Jessica Ross (28) van Kaapstad nadat sy die program verlaat het.

“Ek het ’n man nodig wat nie sal weghardloop van konflik af nie, maar wat openlik sal praat en sy bekommernisse sal kan bespreek eerder as om dit te ignoreer,” sê sy in ’n verklaring.

Buckner het haar ingesluit by sy topdrie, maar haar later huis toe gestuur en daarvan beskuldig dat sy hom probeer manipuleer.

Dit kom nadat sy hom op ’n afspraak vertel het sy het ’n gesprek gehoor tussen die ander vroue, Marisia van Wyk (24) en Bridget Marshall (31), waar Marshall sê Buckner het in die geheim ’n meisie buite die program vir wie hy geld stuur.

Buckner het dit ontken en vir Marshall daaroor gevra, en sy het dit ook onomwonde ontken. Marshall het Ross daarvan beskuldig dat sy kwaad stook tussen haar en Buckner.

Op die roosseremonie het Buckner Ross huis toe gestuur, waarna sy in trane uitgebars het en geweier het om te loop sonder antwoorde. Dit is toe dat hy vir haar gesê het sy het hom gemanipuleer.

Jess Ross vee haar trane af.Foto: M-Net
Jess Ross verlaat die program.Foto: M-Net
Die toptwee is Marisia van Wyk (24) van Klerksdorp en Bridget Marshall (31) van Seepunt. Foto: M-Net

Sy wou by hom weet of hy nie vroeër kon praat oor die dinge in hul verhouding wat hom pla nie. Buckner het net volgehou dat hy nie dink hulle gaan werk nie.

“Ek het ’n man nodig wat deernisvol is en emosioneel daar sal wees vir my,” sê Ross in die verklaring.

“Ek soek na ’n man wat saam met my sal groei en wat toegewyd is tot ’n gesonde langtermynverhouding. Ek soek iemand wat my lewensmaat sal wees en iemand om op te steun.

“Ek glo dat ek mense vir ’n rede ontmoet en ek het my les geleer deur hierdie ervaring. Ek het nie ’n man nodig om my gelukkig te maak of my heel te laat voel nie.

“Ek is nie tevrede met iemand wat my nie verdien of waardeer nie. Ek is mal oor my lewe, familie, vriende en loopbaan en ek weet dat ‘die een’ eendag oor my pad sal kom en dat alles sin sal maak.”

Sy gaan voort: “Tot dan is ek tevrede om ’n sterk en onafhanklike vrou te wees wat nie ’n man langs haar nodig het om haar waarde te bepaal nie.

“Baie dankie vir elk van die vriendelike boodskappe wat ek ontvang het. Die hoeveelheid ondersteuning was waarlik oorweldigend, en ek is dankbaar daarvoor.”

Eerskomende Donderdag maak Buckner sy keuse tussen Van Wyk en Marshall, en steek moontlik ’n ring aan die wenner se vinger.

Die laaste episode van die program word Donderdag om 19:00 uitgesaai op M-Net (kanaal 101). Dan loer die ander 20 vroue wat Buckner reeds huis toe gestuur het weer in en praat oor hul ervaring op die program.


Meer oor:  The Bachelor  |  Marc Buckner
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.