Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
The Bachelorette: 1 deelnemer het al trouplanne!
Peter (27) van Johannesburg tydens ’n vorige episode.

Sal ek my lewe vir hierdie vrou verander? Sien ek myself soggens langs haar wakker word?

Dit is die vrae wat die deelnemers hulself moes afvra in Donderdagaand se episode van The Bachelorette South Africa op M-Net.

Die agt mans wat nog in die huis oor is, begin nou ernstig dink oor ’n moontlike toekoms saam met Qiniso van Damme.

Peter (27) van Johannesburg het gesê hy het sterk gevoelens vir haar sedert hul speletjiesdag. Volgens hom het hulle ook ’n geskiedenis omdat hulle saam in die laerskool was en daarom is dit makliker om vir haar te val.

Aviwe (25), ook van Johannesburg, het gesê hy is reg om met haar te trou.

Daarteenoor het die Bloemfonteiner Ruan (26) gesê dit wil voorkom asof hulle verskillende goed in die lewe wil hê. Ook Henk “Swazi” (28) van Mpumalanga het gesê sy gevoelens is nog nie sterk genoeg dat hy binne ’n maand verloof kan raak nie.

Aviwe het dadelik vir Henk gesê hy moet oor sy gevoelens gaan dink. Ruan het nie daarvan gehou dat hulle gekritiseer word nie en het in Afrikaans gesê: “Dit voel amper asof hulle ons wil stenig omdat ons nie op dieselfde plek is nie.”

Qiniso van Damme soek Gareth (27) op hul alleenafspraak.

Henk het laat val dat sy oogmerke baie verander het sedert die eerste dag op die program en het gesê dat hy aan die begin daar was om iemand vir homself te kry. Met verloop van tyd het hy egter gevoel hy kan meer van homself gee omdat hy iets terugkry.

Justin (26) van Johannesburg het gesê Henk moet versigtig wees om nie te veel in sy emosies vasgevang te raak en vergeet om Qiniso met passie die hof te maak nie.

’n Speletjie wat die mans met Qiniso gespeel het, het aanleiding gegee tot wrywing tussen Peter en Vuyani (28) van Johannesburg.

Peter het Vuyani agter sy rug daarvan beskuldig dat hy oneerlik was tydens die speletjie en vir Qiniso gesê het wat hy dink sy wil hoor.

Aviwe het vir Vuyani daarvan vertel en gesê dit het hom baie gepla. Daarbenewens het Peter baie kritiek gekry oor sy tydsberekening om Qiniso te nader tydens ’n vorige skemerkelkie. Hulle meen daar was ’n ernstige gesprek tussen haar en Dylan, wat daardie aand die program verlaat het, en Peter het dit onderbreek.

Kykers is met vrae gelaat nadat Peter en Vuyani na ’n dubbelafspraak saam met Qiniso genooi is. Ná die afspraak sal een van hulle huis toe gestuur word.

Henk “Swazi” (28) van Mpumalanga (links) en Aviwe (25) van Johannesburg tydens ’n speletjie.

Henk het gesê hy is die enigste een onder die mans wat hoop Peter kom terug, terwyl die res van hulle hoop Vuyani sal langer bly.

Die agt mans in die huis is Aviwe, Henk, Peter, Ruan, Vuyani, asook Cameron (25), Gareth (27) en Justin (26).

The Bachelorette word Donderdae om 19:30 op M-Net (DStv-kanaal 101) uitgesaai.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.