Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
‘The Bachelorette’: Hier is Qiniso se top-4

En toe was daar vier: Vuyani, Justin, Gareth en Henk (ook bekend as Swazi). En elkeen van hulle kan nou ’n hele dag saam met Qiniso van Damme, ster van The Bachelorette SA, deurbring.

Qiniso van Damme dink oor wie sy in haar topvier wil hê.

In Donderdagaand se episode van die realiteitsprogram op M-Net het Qiniso met hartseer van Ruan (26) van Bloemfontein afskeid geneem.

Hoewel sy in verlede week se episode nog baie in hom belang gestel het, het die belangstelling getaan tydens hul laaste groepafspraak.

“Ek het die hele dag skaars ’n piep uit Ruan gehoor,” het sy gesê ná die groepafspraak waar die mans gestoei het terwyl hulle met olie besmeer is.

“Ek kon sien hy is uitgemergel en teruggetrokke. Ek weet nie wat ek moet doen en of dit my verantwoordelikheid is om iets te doen nie,” het sy gesê.

Tydens die skemerkelkie het sy hom eenkant toe geroep omdat sy agtergekom het hy het oor die afgelope paar weke baie teruggetrek. Sy wou hom vra wat van sy humorsin geword het.

Ruan het vir haar gesê hy het homself die afgelope tyd baie ver uit sy gemaksone gedruk en dinge gedoen wat hy nooit gedink het hy sou nie, soos om met sterk mans te stoei.

Qiniso groet vir Ruan (26) van Bloemfontein.

“Ek is eintlik die stil ou wat heel agter in die klas sit. Dit is wie ek is en ek sal gelukkig wees as sy dit kan aanvaar,” het hy aan die kamera gesê.

Gareth (27) van Kaapstad het nie teruggehou by die skemerkelkie-geleentheid nie en het selfs vir Ruan in sy gesig gesê hy vermoed Ruan gaan huis toe.

“Jy het nog nie oopgemaak nie en dit kan dalk die rede wees dat jy vanaand waai,” het Gareth vir Ruan gesê. “Nee, ek het nog nie heeltemal oopgemaak nie,” het Ruan geantwoord.

Gareth was seker dat hy nie gepos sou word nie omdat hy en Qiniso ’n vuurwarm alleenafspraak gehad het, kompleet met ’n dubbelbed, kerse, sjokoladepoeding en oorgenoeg soene.

Gareth het selfs intiem geraak met Qiniso en haar boud gegryp terwyl hulle op die bed gelê en vry het. Hy het aan haar gesê dit is die eerste keer in sowat drie jaar dat hy werklik van iemand hou.

Qiniso het ook sterker bande gesmee met Henk ná ’n alleenafspraak op die Vaalrivier en met Justin nadat hy haar gevra het om te dans sonder musiek wat speel.

’n Armband van Vuyani (28) van Johannesburg, wat glo aan sy vriend behoort, het Qiniso ’n bietjie onkant gevang.

Gareth soen Qiniso tydens hul alleentyd.
Qiniso van Damme en Henk (Swazi) op ’n luukse binneband in die Vaalrivier.
Vuyani probeer die armband en die gravering aan Qiniso verduidelik.

Aan die binnekant van die silwer armband is die woorde “Ek is lief vir jou, Canz” gegraveer. Vuyani het vir Qiniso gesê die armband is oorspronklik aan sy vriend gegee deur dié vriend se meisie, Candice.

Vuyani het volgehou die vriend wou die armband weggooi toe die verhouding verbreek is, maar hy het die armband gevat omdat die gravering hom nie pla nie en hy dit graag wou dra.

Qiniso was ’n bietjie skepties oor die storie, maar het Vuyani steeds genooi vir ’n alleenafspraak waar hulle tennis gespeel het en hy haar meer vertel het van sy werk as persoonlike afrigter en gimnasium-eienaar in Benoni, Gauteng.

Toe Qiniso die argitektuurstudent Ruan huis toe stuur, het hulle goeie wense oor mekaar uitgespreek en met ’n soen gegroet.

Volgende week sal elkeen van die topvier ’n hele dag saam met Qiniso deurbring. Daarna sal die topdrie haar aan hul gesin voorstel.

• The Bachelorette word Donderdae om 19:30 op M-Net (DStv-kanaal 101) uitgesaai.

Meer oor:  Qiniso  |  The Bachelorette Sa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.