Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
‘The Bachelorette’: Qiniso se keuse verras

Dit was ’n verrassing toe Qiniso van Damme, teen almal se verwagting in, haar geliefde “Cam” in Donderdagaand se episode van The Bachelorette SA huis toe gestuur het – met gedig en al.

Cameron (25) van Johannesburg moes stert tussen die bene groet nadat Qiniso nie ’n roos op sy lapel wou vassteek nie.

Qiniso en Cameron stap hand aan hand.

Die ander mans in die huis was byna seker dit sal Henk, oftewel “Swazi” (28) van Mpumalanga, wees wat sy tasse moet pak, maar Qiniso het verbaas deur Cameron, met wie sy tot onlangs toe ’n hegte band gehad het, die trekpas te gee.

Cameron se laaste probeerslag, om vir haar ’n gedig te skryf en om haar te probeer beïndruk op ’n groepafspraak, het toe nie gewerk nie.

“Ek is verlig en gelukkig,” het Henk gesê nadat hy sommer die heel eerste roos gekry het.

Vuyani (28) van Johannesburg het gesê: “Toe Swazi ’n roos kry, toe weet ek ’n man van groot kaliber gaan vanaand waai. Dit is behoorlik die kampioeneliga.”

Cameron haal voor hy huis toe gestuur is ’n gedig uit wat hy vir Qiniso geskryf het.

Toe hy haar moet groet, het Cameron gesê: “Ek voel hartseer. Ek wil graag vir jou nog een gedig gee.” Hy het toe ’n opgevoude papiertjie in haar hand gesit en sy het die trane afgevee.

Ná een laaste soen het hy die ander mans met ’n stywe druk gegroet en is weg. “Ek dink ek stap weg met ’n klomp vriende, en ek dink sy is een van hulle,” het hy gesê.

Daar bly nou vyf mans in die huis oor: Vuyani, Henk, Gareth Ehret (27) van Kaapstad, Justin (26) van Johannesburg en Ruan (26) van Bloemfontein.

In Donderdagaand se episode het Ruan huiwerig voorgekom en gesê hy kan nie net oopmaak oor sy gevoelens “omdat oopmaak oopmaak is nie”.

Hoewel sy opgemerk het dat Ruan bietjie terughoudend is, het Qiniso steeds haar tyd saam met hom geniet, hom gesoen en vir hom ’n roos aangebied, wat hy aanvaar het.

Qiniso en Gareth omhels mekaar.
Qiniso (tweede van regs) en Gareth (links), Henk en Cameron op ’n groepafspraak, waar hulle by ’n krans afgeseil het.

Ook Justin het ’n alleenafspraak saam met Qiniso gehad, waar hy dit duidelik gemaak het aan haar dat hy van haar hou. Hulle het ook gesoen, maar hy het nie ’n roos gekry nie.

Wanneer vier mans oorbly, sal Qiniso elk van hulle families in hul tuisdorpe ontmoet.

Ruan en Qiniso soen mekaar nadat hy ’n roos van haar aanvaar het.

The Bachelorette SA word Donderdae om 19:30 op M-Net (DStv-kanaal 101) uitgesaai.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.