Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
‘The Voice’: Nóú moet jy stem vir jou gunsteling

Kykers van The Voice South Africa kan nou vir hul gunsteling stem voordat die wenner van dié werklikheidsreeks Sondag aangekondig word.

Die deelnemers wat ná Sondag se eindronde met die louere kan wegstap, is Eon le Roux, The PJ Twins (Peter- en John Talmarkes), Siki Jo-An, Soné Joubert en Tasché Burger.

Die deelnemer wat oor die volgende paar dae die meeste stemme van aanhangers kry, sal as wenner aangewys word.

Die stemmery sluit Donderdag om 22:00.

Luidens ’n verklaring sal die wenner ’n kontrak by Universal Music South Africa kry, en is daar ook ’n verskeidenheid pryse insluitende ’n Toyota RAV4 op die spel.

Yahto Kraft (18), van Alberton, was Sondag die laaste deelnemer wat voor die eindronde in die pad gesteek is.

Twins The Voice
The PJ Twins (Peter- en John Talmarkes) Foto: The Voice SA

Kraft, wat in Lira se span deelgeneem het, sing sedert sy laerskooldae en maak self sy eie uitrustings vir optredes.

“Natuurlik is ek teleurgesteld, maar ek het nooit verwag dat ek so ver sou kom nie,” sê Kraft.

“Dit gaan nie hier oor dat ek uit is nie, maar dat ek hier was.”

Lira, het gehuil gegaan toe sy hoor Kraft is uit.

“Ek is so lief vir jou en ek is so trots op jou,” het Lira gesê toe sy hom ’n drukkie gee.

Die eindronde van die derde seisoen word Sondag regstreeks vanaf die Mosaïek Teatro in Fairland, Johannesburg, uitgesaai.

Hier is die SMS-nommers vir die onderskeie deelnemers wat kykers kan gebruik om vir hul gunsteling te stem. Elke SMS kos R1,50. Daar kan aanlyn gratis gestem word by mnet.tv/thevoice.

Om vir Soné te stem, SMS 17 na 33692.

Om vir Eon te stem, SMS 11 na 33692.

Om vir Tasché te stem, SMS 16 na 33692.

Om vir The PJ Twins te stem, SMS 02 na 33692

Om vir Siki te stem, SMS 08 na 33692.

Die stemmery sluit Donderdag om 22:00.


Meer oor:  The Voice  |  Televisieprogram
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.