Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Toks en Breyton neem mense op reis

Terwyl toerisme weens die Covid-19-pandemie noustrop trek, wil die oud-Springbok-rugbyspelers Toks van der Linde en Breyton Paulse met die kykNET-reisprogram Nou toer ons kykers op die juwele van Suid-Afrika en Namibië bedag maak.

Dit begin Vrydag om 17:30.

Van der Linde en Paulse, wat saam rugby gespeel het en mede-aanbieders is van die kykNET-program Toks & tjops, word deur sporthelde vergesel.

“Mense het nodig om agteroor te sit en die program te geniet,” sê Van der Linde.

Toks van der Linde en Breyton Paulse, aanbieders van die kykNET-reisprogram ‘Nou toer ons’. Foto: kykNET

“Dit gaan op die oomblik swaar daar buite. Ons besoek lodges en hotelle en doen allerhande aktiwiteite. Terselfdertyd is ek en Breytie net onsself. Ons vul mekaar goed aan. Die humor kom vanself – en mense het nodig om te lag.”

Van die sporthelde wat in die reeks verskyn, is die rugbyspelers Jean de Villiers, Fourie du Preez en Ruan Pienaar.

Die gaste deel meer oor hulself en hul doelwitte in die lewe en neem deel aan die (soms komiese) aktiwiteite.

“Dis sommer net ’n lekker kuier,” sê Van der Linde. “Die woord ‘lekker’ is hier en daar tong in die kies.”

Breyton Paulse en Toks van der Linde besoek bestemmings in Suid-Afrika en Namibië in ‘Nou toer ons’. Foto: kykNET

Hulle besoek onder meer die Mokuti Etosha Lodge in Namibië, die Leonardo-hotel in Sandton, Johannesburg, die Chobe Water Villas in Namibië en die Krugerwildtuin en neem deel aan allerhande aktiwiteite in Swakopmund, ook bekend om sy duine. In die eerste episode word die Strand-hotel daar verken en Paulse en Van de Linde leer mekaar beter ken.

“Ons verlaat ook ons gemaksone,” sê Van der Linde. “Dis lekker om ’n bietjie uit te kom.”

Sean Everett is die regisseur.

Nou toer ons word Vrydae om 17:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Meer oor:  Kyknet  |  Toks Van Der Linde  |  Reis  |  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.