Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Top-sangers Sondae op TV

As daar een mens is wat die ritme van Suid-Afrikaners se hartklop ken, is dit die televisieman Johan Stemmet en op Sondag 2 September om 17:00 skop ’n splinternuwe televisiereeks waarvan hy weer die meesterbrein is, op SABC2 af. Die reeks, In die kollig met . . . . is ’n buitengewone musiek-ekstravaganza waar musikante met van die beste stemme in Suid-Afrika die geleentheid kry om dit tydens ’n uur lange program ten toon te stel.

Corlea gaan hierdie Sondag ’n onvergeetlike konsert op In die kollig met . . . lewer. .

Bekende sangers soos Chris Chameleon, Elvis Blue, Jannie Moolman, Dr. Victor en Emo Adams is onder die sangers wat in die volgende 13 weke Sondae in ons sitkamers gaan kom kuier.

“Die idee agter die program was om vir mense in die gemak van hul woonkamers ’n uur lange lewendige konsert te bring waar hulle die heel beste van ’n sanger gaan beleef. Elke sanger kry die geleentheid om die heel mooiste liedjies te sing, hetsy plaaslike of internasionale treffers.

Dis nie die eerste keer dat Corlea en Brandon October saam op die verhoog optree nie. .

“Die kunstenaar gaan sy of haar gunsteling-goue-oue bekendstel en dan ’n liedjies saam met die persoon sing en daar is ook weekliks nog ’n ander gaskunstenaar te sien wat saam met die Kollig-ster gaan sing. Hierdie konsep gaan sorg vir onvergeetlike kykstof en daar is nog nooit tevore ’n program soos dié gemaak nie,” sê Johan.

Tesame met die lewendige orkes, baie goeie beligting en kamerawerk word die kyker deel gemaak van die lewendige gehoor en dit voel kompleet of jy ’n eresitplek tussen die gaste gekry het.

“Ons wou vir kunstenaars weer die geleentheid gee om al die fokus en aandag op húlle te kry. Deesdae sien ’n mens hierdie kunstenaars net op die verhoog saam met ’n ander groot verskeidenheid sangers, maar byna nooit alleen nie. En meeste van die jonger kunstenaars is altyd gaskunstenaars tydens groot konserte, maar op In die kollig met... kan jy vir amper ’n uur lank presies beleef waartoe hierdie kunstenaar werklik in staat is. Die resultaat sal mense hoendervel laat kry, ek belowe,” sê Johan.

Die reeks skop Sondag met Corlea as die ster van die aand af en jy kan jou maar regmaak vir liedjies soos “Swart koffie” en “Sonvanger”, maar daar kom ook ’n hele paar aangename verrassings.

Corlea en PJ Powers lewer ’n kragtige uitvoering van die liedjie “World in Union” op In die kollig met . . .

Haar gaskunstenaar is Brandon October van Idols-faam en die goue-oue-legende wat sy gekies het is PJ Powers.

“Ek glo daar is baie sangers in ons bedryf, maar min kunstenaars so veelsydig soos Brandon October,” sê Corlea.

“Die keuse om hom as my gaskunstenaar te kies, was eintlik so klein bietjie selfsugtig, want ek sal enige geleentheid wat ek kan kry, gebruik om Brandon te hoor sing.”

Hulle het tien jaar gelede al ontmoet en tree dikwels saam op.

Natuurlik het Corlea met PJ Powers as ’n huishoudelike naam grootgeword en sy het hierdie kragtige sangeres nog altyd bewonder.

Drie jaar gelede het hulle by die opening van die SA Sports Hall of Fame by Sun City ontmoet.

“PJ het na my toe gekom en my lof besing, my kop het skoon gedraai toe hierdie formidabele vrou vir my sê hoe mooi ek vir haar sing. Wat ’n voorreg!” beduie Corlea.

Daar word ook hulde gebring aan Janita Claassen in Sondag se program.

  • In die kollig met . . . word Sondag 17:00 op SABC2 uitgesaai. Beeld is die mediavennoot van In die kollig met . . . en gaan elke Vrydag eksklusief bekendmaak wie die goue-oue-legende is wat saam met die kunstenaar gaan optree.
Meer oor:  Tv  |  Vrydag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.