Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Touché, Tasché!

Sedert die 19-jarige Tasché Burger op 7 Julie vanjaar as M-Net se algehele wenner van The Voice SA aangewys is, het haar lewe handomkeer verander.

Die een dag nog was sy ’n doodgewone deeltydse kelnerin by ’n restaurant in Kaapstad en toe word sy skielik in die plaaslike supermarkte en op straat herken.

Tasché Burger is op 29 September by die Bakgat in Afrikaans-konsert in Pretoria te sien. Hier is sy op die slotepisode van The Voice wat op 7 Julie plaasgevind het. Foto: Henry Engelbrecht

Deesdae word haar tyd ook anders bestee. Sy bring baie tyd in die ateljee deur waar sy besig is om haar eerste enkelsnit op te neem.

“Ek werk saam met die kitaarspeler en liedjieskrywer Hunter Kennedy van Die Heuwels Fantasties en my afrigter van The Voice, Francois van Coke, aan my heel eerste enkelsnit, ’n Afrikaanse ballade. Ons beplan om dit reeds 16 Augustus bekend te stel.

“Dis crazy! Ek kan nie glo hoe dinge binne ’n oogwink vir my begin gebeur het ná The Voice nie,” sê Burger.

Christo Booyens, eienaar van Bakgat Promosies, het ook bekend gemaak dat Burger deel van die eerste Bakgat in Afrikaans-musiekkonsert gaan wees wat vanjaar op 29 September by die Sun Arena in Pretoria plaasvind.

Burger vertel hoe haar dagboek elke dag voller word met besprekings en ’n paar maande gelede sou sy nie in haar wildste drome kon dink dat sy vanjaar in die Sun Arena sou optree waar 8 000 mense kan sit nie.

Burger gaan die verhoog met gewilde kunstenaars soos Nádine, Robbie Wessels, Juan Boucher, Manie Jackson, Dirk van der Westhuizen, Esmond en Arno Jordaan deel. Tobi Jooste is die aanbieder van die konsert.

Al die sangers gaan die geleentheid kry om ’n hele paar van hul treffers te sing en hoewel Burger nog nie presies weet wat sy alles gaan sing nie, sal dit beslis die nuwe enkelsnit insluit, saam met ’n paar van die treffers wat sy op The Voice gesing het soos “Liza se klavier”.

Besprekings vir Bakgat in Afrikaans kan by Computicket gedoen word en navrae kan aan Mara 082 463 4351 of Christo 082 895 5093 gerig word.

Kaartjies kos R100 vir kinders jonger as 12 en wissel tussen R160, R175 en R185 vir volwassenes. Pensioenarisse betaal tussen R150 en R160.

Meer oor:  Tasché Burger  |  Realiteitsreeks  |  The Voice Sa  |  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.