Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
‘Trackers’ selfs gewilder as ‘Game of Thrones’
Die aktrise Rolanda Marais in ’n toneel uit Trackers.

Die televisiereeks Trackers se finale episode is nog nie eens uitgesaai nie en dit het reeds die rekords laat spat.

Die gemiddelde kykertal per episode het nie net plaaslike reekse in alle genres op M-Net, kanaal 101 op DStv, oortref nie, maar ook stof in die oë van internasionale gunstelinge soos Game of Thrones, Big Little Lies en Chernobyl geskop.

Verder het Trackers ook die kykertal van M-Net se gewilde Sondagaand-rolprente verbygesteek.

Die reeks is ’n verwerking van Deon Meyer se misdaadroman Spoor. Oor die reeks se gewildheid sê Meyer hy is “sprakeloos en ontsaglik trots”.

“Ek is geweldig dankbaar vir die Suid-Afrikaanse kykerpubliek wat ons ondersteun. Ek het nog altyd geglo ons eie stories is net so boeiend en interessant soos enige iets van oorsee.

“As ’n mens die begrotings vergelyk van Suid-Afrikaanse televisiereekse, dan is die begroting vir ’n hele reeks hier dikwels minder as vir net een episode van ’n Amerikaanse televisiereeks. Dit was altyd ’n geweldige opdraande stryd. Ek dink hierdie keer het ons baie nader gekom aan ’n internasionale begroting, en dit het dividende getoon,” sê hy.

Meyer meen ook die TV-reeks sou nie so goed wees as die mense voor en agter die kameras nie so briljant was nie. “Ons het soveel ongelooflike talent in hierdie land en die sukses van Trackers is ’n bewys daarvan.”

Trackers se laaste episode word op Sondag 24 November om 20:00 op M-Net uitgesaai.

SIEN OOK: Kyk Trackers hier op Showmax.

Meyer-aanhangers hoef ook nie hartseer te wees dat Trackers binnekort gaan klaarmaak nie. Hoewel hy nie enige besonderhede wou verklap nie, sê Meyer “daar is op die oomblik ’n hele paar projekte wat hopelik in die volgende ses maande hul verskyning gaan maak”.

Meer oor:  Deon Meyer  |  Tv-Reeks  |  Rekords  |  Trackers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.