Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Trap! Dis my Huis: 'Daar is 'n slang om elke hoek'
Fahdil sit met sy hande oor sy oë.

Vir die meeste van die deelnemers was Woensdagaand se afskeid op die werklikheidsprogram Trap! Dis my Huis op VIA baie emosioneel.

Van die grootste spelers in dié werklikheidsreeks is uitgeskakel: Fahdil (33), Nykie (32), Quinton (28) en Suzann (58).

Fahdil was bekend om sy streke gedurende die speletjie en het mense gebruik vir hul stemme slegs sodat hy daar kan bly. Hy het ook ’n papiertjie gesteel waarop een van die alliansies name neergeskryf het van mense wat hul wil uitstem.

Fahdil het dit tot sy voordeel probeer gebruik deur Quinton daarvan te vertel, maar dit het nie gekeer dat hulle albei uitgegooi is nie.

Die nuwe huiskaptein, Rhona (29), het dié vier gekies om uit te stem.

Nadat hulle weg is, is daar nou 19 mense in die huis oor. Dit is nou die 10de dag dat hulle saam in die huis bly.

“Ek het nie geweet daar is ’n slang om elke hoek nie,” sê Suzann nadat sy uitgestem is.

“Ek is spyt ek die speletjie dalk te eerlik gespeel.”

Fahdil sê sy hy het vir mense belowe dat hy hulle tot die einde van die spel saam met hom sou hou.

Lally (30) en Hilgard (36) se reaksie toe hulle hoor wie uitgestem word.

“Baie mense het geglo dat ek aan hul kant is.”

Quinton sê: “Ek het ingegaan met die strategie om te reageer en te verdedig en nie om aanvallend te wees nie. Ek het meer vure geblus as enigiets anders.”

Nykie sê tong in die kies: “Ek is spyt dat ek so baie gerook het, want baie min mense weet dat ek ’n roker is. Ek is eintlik ’n kerkmuis!”

In dié week se episode het niemand vrywillig die huis verlaat nie.

Die program word Woensdae om 20:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai met heruitsendings op Vrydae om 18:00 en Saterdae om 22:00.

Die aanbieder, Amalia Uys, troos vir Rhona (29), die nuwe huiskaptein.

Meer oor:  Trap! Dis My Huis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.