Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Trap! Dis my huis: Fahdil se troefkaart

Een van die taaiste deelnemers in die werklikheidsreeks Trap! Dis my Huis op VIA het in Woensdagaand se episode ’n unieke troefkaart in die hande gekry wat hom ’n voorsprong kan gee in die kompetisie.

Fahdil (33) van Pretoria, wat al na homself as ’n “slang” verwys het, het ’n stuk papier gegaps waarop name geskryf staan wat ’n sterk alliansie in die huis wil uitstem. Die alliansie is tussen Rhona (29), Lally (30) Christo (28) Hilgard (36), Marike (36), Judith (20) en ander.

Fahdil het dit in die hande gekry toe Lally en Judith Cheznay (20) kamer toe gehelp het. Cheznay het siek gevoel en Fahdil is saam na die kamer.

Fahdil (33) van Pretoria wys die papier wat hy gegaps het.

“Terwyl die meisies die bed opgemaak en uitgegaan het, het hulle die stukkie papier agtergelaat,” vertel Fahdil. “Dit het al hul groep-planne en ons name aan die kant. Dit is heelwaarskynlik hoe hulle beplan om ons almal uit te stem.”

Fahdil sê hy was verras toe hy die name op die lys sien. “Sommige mense dink hulle is deel van die groepie, maar hulle is nie.”

Hy het gewonder of hy die inligting moet deel, maar het

wel later vir Quinton (28) daarvan gesê. “Sien jy al drie hierdie groepe? Ek kon nie help om agter te kom dat nie jou of Johan (37) se name bygeskryf is nie,” sê Fahdil vir Quinton.

Fahdil stel dan voor dat hy, Quinton, Johan en ander hul eie groep vorm om langer in die spel te bly.

“My naam was nie op daai lys nie,” sê Quinton aan die kamera ná die gesprek. “En ek dink dit is ook hoekom ek myself nou op ’n plek vind waar ek uitgestem kan word. Bygesê, ek weet nie of ek heeltemal vir Fahdil kan vertrou nie. Ek dink hy is besig om almal teen mekaar af te speel.

“Maar ek is bly hy het na my toe gekom met daardie inligting.”

Lally is as die nuwe huiskaptein aangewys, en sy en Judith het dieselfde aand met ’n nuwe lys name begin nadat Fahdil hul papiertjie in die hande gekry het.

Fahdil wys vir Quinton die papier op die balkon.

In Woensdag se episode het Daemon (20) van Kaapstad, Hendré (44) van Postmansburg (onder die deelnemers bekend as Pastoor) en Nix (40) van Muizenberg uit hul eie uit die huis geloop.

“Ek kon die min kos hanteer. Ek kon min slaap hanteer. Maar ek kon nie die bedrieëry hanteer nie,” het Hendré gesê. “Jy raak onwillekeurig betrokke daarby, en elke aand gaan jy bed toe met die wete dat jy jouself verraai.”

Lally en Rhona het kort ná Hendré by die huis uit is, weer begin met ’n lys name van mense wat hulle wil uitstem. Dit was uiteindelik verniet, wat toe dit kom by die uitstemming is niemand huis toe gestuur nie. Sy is sover die eerste huiskaptein in die program wat niemand uit hoef te stem nie.

Die program word Woensdae om 20:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai. Heruitsendings op Vrydae om 18:00 en weer Saterdae om 22:00.

Meer oor:  Trap! Dis My Huis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.