Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
‘Trap! Dis my huis’: Hier is die top-10
Christo hou een van die biere vas wat hy gekoop het.

In Woensdagaand se episode van die werklikheidsreeks Trap! Dis my huis op VIA is twee mense uitgestem, en daar is nou net tien mense in die huis oor.

Die toptien is: Marike (36), Blue (35), Hein (52), Jacolene (40), Rhona (29), Rinnie (58), Judith (20), Christo (28), Marli (24) en Johan (37).

Die laaste tien spelers het in Woensdagaand se episode die feit dat hulle die laastes is wat oorbly met ’n partytjie gevier.

Maar die partytjie kon nie goed op dreef kom voordat Bash (25) van Roodepoort en Bevin (26) van Stellenbosch huis toe gestuur is nie.

Dit was Christo wat Bevin en Bash uitgestem het. Dit is die tweede keer dat Christo as huiskaptein verkies word, en selfs hy was verstom dat hy die meeste stemme gekry het onder die huismaats.

Bevin het die tyding dat hy sy goed moet pak hoflik hanteer, maar gesê hy is geskok dat hy uitgestem is. “Ek het vroeër met Christo gepraat en ek het gedink ek is veilig.

“Ek was nie regtig ooit deel van ’n groep nie, ek het konstant geluister, gepraat en was altyd op my hoede,” sê hy.

Bash was in trane toe hy by die huis uitstap, en het gesê: “Die oomblik toe ek oor daai rooi lyn trap, het ek gevoel ek los baie goeie vriende agter.”

Christo se ‘kosbestelling’.

Bash het vroeër opgemerk dat dit duidelik is wie Christo se vriende in die huis is, en dat hy net vir hulle beskerm. Ook die feit dat hy vir Jacolene, Marike, Rhona en Marli gekies het om die speletjie te speel, wat hul veiligheid kan beteken, het baie van die huismaats gepla.

Hulle het gesê hulle dink Christo moes eerder vir ander mense ’n vegkans gegee het.

Christo was nie baie gewild onder baie van die huismaats nadat hy die partytjie gereël het nie. Baie het hom gekritiseer dat hy baie drank en hout gekoop het eerder as om stewige biefstukke te kies.

“Baie van ons het gevoel die hout was onnodig. Daar was baie minder as wat hy gedink het daar gaan wees,” het Marli gesê. Christo het 36 biere vir tien mense gekoop en die partytjie het so lekker geraak dat hy en Rhona later nog R30 000 wou uitgee op ’n pakkie sigarette. Daar is na Christo verwys as “ ’n tweede Fred”.

Die pryspot staan op R756 600 en die mededingers is al 15 dae in die huis.

Die program word Woensdae om 20:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai. Heruitsendings is op Vrydae om 18:00 en Saterdae om 22:00. Daar is nog net twee episodes oor.

Jacolene se reaksie toe sy sien waarop Christo die geld spandeer het. Sy meen hy moes meer geld op kos bestee het, eerder as om drank te koop.

Meer oor:  Trap! Dis My Huis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.