Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Trap! En toe was hulle net 9 . . .
Rinnie en Jacolene voordat Jacolene huis toe gestuur is.

Ná verlede Woensdagaand se episode van Trap! Dis my huis was daar tien mense in die huis oor.

Dié tien het gekuier en feesgevier, maar een sou dit nie tot die laaste episode maak nie.

In Woensdagaand se episode is net Jacolene (40), ’n onderwyseres van Vanrhynsdorp in die Wes-Kaap, uitgeskakel. Sy was die heel eerste huiskaptein en het ’n noue band met veral Rinnie (58) gesmee.

Die nege deelnemers wat in die laaste episode sal meeding, is Blue (35), Hein (52), Marike (36), Rhona (29), Rinnie, Judith (20), Christo (28), Marli (24) en Johan (37).

Dit was vir die deelnemers ’n groot verrassing toe die aanbieder Amalia Uys hulle laat weet dat net een persoon uitgestem gaan word. Dit was die huiskaptein Rhona se werk om die persoon te kies wat tassies moet pak.

Rhona is ’n tweede maal tot huiskaptein verkies en het Johan, wat graag die gesogte posisie wou hê, uitgestof. Hy was in gevaar om uitgeskakel te word, maar danksy sy band met Rhona het hy gebly.

Rhona het gesê haar alliansie met Marike is nog net so sterk soos dit op dag een was, maar Marike het in haar begin twyfel. Die twee het van die begin af ’n alliansie met Christo gehad, maar sy lojaliteit is toe net by Rhona en nie Marike nie.

Johan en Hein wonder of hulle in gevaar is om huis toe te gaan.

Christo het in die moeilikheid beland toe die medeaanbieder Zoe Brown by die huis instap met ’n pakkie sigarette wat R30 000 werd is. Christo en Rhona het dit bestel tydens die partytjie terwyl die drank vrylik gevloei het.

Toe hulle die sigarette kry waarvoor hulle gevra het, was baie van die deelnemers wat nie rook nie, soos Jacolene en Marli, glad nie beïndruk nie.

Jacolene het gesê dit voel vir haar asof die rokers aanhoudend bederf word terwyl die nierokers altyd hul lekkernye moet deel.

Marli het gesê Christo se besluite het binne twee dae R40 000 uit die pryspot geneem en “verbrand”. Die geld was vir die sigarette en ’n sak hout van R10 000.

Nadat Rhona tot huiskaptein verkies is, het sy beheer gehad oor die kosbestelling. Die deelnemers was ook nie beïndruk met haar besluit om slegs bestanddele vir hamburgers te bestel nie.

Dit is dag 16 en talle van hulle begin nou uitkyk vir spelers wat goed is in fisieke uitdagings soos Johan en Hein. Veral Blue het sy mes in vir Hein omdat hy bewys het dat hy koning kraai in hierdie uitdagings.

Volgende Woensdag is dit die laaste episode. Die pryspot staan tans op R731 600. Die program word Woensdae om 20:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai. Heruitsendings is op Vrydae om 18:00 en weer Saterdae om 22:00.

Die aanbieder Amalia Uys (naaslinks) praat met die oorblywende deelnemers.

Meer oor:  Trap! Dis My Huis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.