Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
‘Tuintoere’ pas so reg in Derrich Gardner se kraal

Derrich Gardner, omroeper en aanbieder van die Via-reeks Tuintoere, wou lankal ’n tuinprogram aanbied.

Trouens, as omroeper loop hy ’n lang pad met tuine.

Derrich Gardner Foto: Via

“By (die destydse) Radio Hoëveld het ons ’n tuinprogram met (die bekende tuinboukundige) Keith Kirsten gedoen. Hy het my genooi om naweke in sy kwekery te werk.”

Daar was ook lank ’n tuininsetsel op sy program, Brêkfis met Derrich, wat Saterdae op RSG uitgesaai word.

Gardner, wat al dikwels televisieprogramme aangebied het, is genooi om ’n oudisie vir die Via-program af te lê.

“My vorige baas by die SAUK, Aletta Alberts, het my naam aan die produksiespan genoem. Sy het gesê bel vir Derrich en ek het ’n skermtoets gaan doen.”

Tuintoere, waarvan sommige episodes nog verfilm word, dek ’n wye spektrum van tuine – van fynbos tot subtropies.

Verskeie van Suid-Afrika se inheemse bome en blomme word in tuine wêreldwyd gebruik.

Tuine in die wieg van die mensdom en die plaas Babylonstoren aan die voet van Simonsberg buite Franschhoek word onder meer in die program besoek.

“Dit verbaas jou nogal as jy hierdie ongelooflike skouspel en ontwerp sommer op jou drumpel vir die eerste keer ontdek. Ons sê nie altyd waar die tuine geleë is nie. Dit is nie noodwendig oop vir die publiek nie. Jy kry die indruk van hoe welgesteld hierdie mense is, maar dis eintlik hul passie.

“Hulle het ’n besonderse liefde vir wat hulle doen. En dis wonderlik om agter die skerms met die kenners te praat. Die kenners sê iets ongelooflik en daarvolgens bou jy jou teks as jy op die toneel met die kamera praat.”

Tuintoere word Donderdae om 16:30 op Via (DStv-kanaal 147) uitgesaai.

Meer oor:  Derrich Gardner  |  Tuine  |  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.