Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
‘Tussen ons’ kuier binnekort meer op kassie

TV-kykers gaan binnekort baie meer van die geselsprogram Tussen ons te sien kry.

Die aanbieders van ‘Tussen ons’ is (voor van links) Zelda la Grange, Kay Karriem en Tracey Lange. Agter sit Ingrid Jones (middel) en Success Lekabe. Foto: kykNET

Die program, wat sedert Julie 2018 weekliks op Donderdagaande op kykNET & kie (DStv kanaal 145) uitgesaai word, gaan van 5 Oktober af van Maandag tot Donderdag om 17:30 op die kassie boer.

Volgens ’n mediaverklaring gaan die program se huidige aanbieders – Ingrid Jones, Kay Karriem, Success Lekabe, Tracey Lange en Zelda la Grange – op Maandae en Woensdae oor hedendaagse en nuuswaardige onderwerpe gesels.

Dr. Darren Green, die program se gereelde mediese kenner, gaan op Dinsdae in die stoel wees en oor mediese nuus, siektes en allerhande kwale gesels. Ewan Strydom, Bravo!-aanbieder en fiksheidsghoeroe, en die koskenner Heleen Meyer sal ook maandeliks by Green aansluit om onderskeidelik fiksheidswenke te deel en vir kykers te wys hoe om gesonder te eet.

Lange sal Tussen ons #TBT op Donderdae op haar eie aanbied. Dit sal onder meer leefstylwenke en onderhoude met Suidooster en Arendsvlei se sepiesterre insluit.

“Ek sien baie uit daarna dat die Tussen ons-naam nou vier dae per week op mense se lippe gaan wees en ek kan veral nie wag om die nuwe #TBT-episode op Donderdae aan te bied nie,” sê Lange in ’n mediaverklaring.

“Op Donderdae maak ons dus die litte los en gaan ons veral pret hê met mense wat bekend is in hulle gemeenskappe, om hul talent aan die res van Suid-Afrika te wys, terwyl ons ook lekker gaan lag soos ons nostalgies raak.”

Meer oor:  Tussen Ons #Tbt  |  Arendsvlei  |  Suidooster  |  Ewan Strydom  |  Darren Green  |  Heleen Meyer  |  Kyknet & Kie  |  Kyknet  |  Tussen Ons  |  Kay Karriem  |  Success Lekabe  |  Zelda La Grange  |  Tv  |  Ingrid Jones  |  Tracey Lange
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.