Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
TV-aanbieder sluit aan by ‘The Man Cave’

Die aanbieder Jonathan Boynton-Lee sluit aan by die “bro-wegbreek” in die nuwe reeks van die gewilde M-Net-leefstylprogram The Man Cave

Jonathan Boynton-Lee Foto: M-Net

Boynton-Lee, akteur en voorheen aanbieder van die SABC 3-leefstylprogram Top Billing, sal hom vir tien episodes van adrenalien, masjiene en speelgoed vir mans by die akteur Siv Ngesi, die komediant Jason Goliath en die omroeper Warrick Stock aansluit.

Dit begin Saterdag om 21:30.

“Baie van hierdie dinge is maar die goed waarmee ek in my private lewe besig hou,” sê Boynton-Lee, wat verlede jaar vlugtig in die kykNET-sepie Binnelanders verskyn het.

Hy is in 2014 as die tydskrif Cosmopolitan se sexyste man aangewys.

“Elke program het maar sy verskille in terme van die aanbieding, maar The Man Cave is nie baie gestruktureerd nie. Daar is nie veel van ’n teks nie. So ons kan almal met mekaar gesels sonder dat dit uitgespeel hoef te word. Dit is baie meer eg.”

Dit gee ’n insig in die vele fasette van die moderne man.

Hulle kom voor uitdagings te staan en onderneem ’n paar avonture en gesels met bekende persoonlikhede.

“Ons is al vier vriende, en dis baie lekker dat ons saam hierdie dinge kan ervaar. En hopelik kan ons kykers inspireer om die beste van hul lewe te maak en soortgelyke avonture aan te pak.”

•?The Man Cave word deur Cheeky Media vervaardig en word Saterdae om 21:30 op M-Net (DStv-kanaal 101) uitgesaai.

Meer oor:  M-Net  |  Jonathan Boynton-Lee  |  The Man Cave  |  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.