Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
TV-gogga het gebyt, sê ster van ‘Siende blind’

Die gogga het “beslis” gebyt, sê die aktrise Liezl de Kock oor haar eerste groot rol op die kassie in kykNET se dramareeks Siende blind, wat Dinsdag begin.

Op die verhoog was sy te sien in stukke soos African Gothic (vertaal uit Diepe grond) deur Reza de Wet, Sing jy van bomme deur Ryk Hattingh en Statements After an Arrest Under the Immorality Act deur Athol Fugard.

Liezl de Kock in die kykNET-drama ‘Siende blind’. Foto: kykNET

Sy het nog bitter min televisiewerk gedoen, maar het vroeër vanjaar die geleentheid gekry om te werk aan Siende blind, een van die eerste reekse wat tydens die inperking verfilm is en die Covid-19-pandemie by die storielyn betrek.

“Ek was baie bang vir dié sprong,” sê De Kock.

“Maar al was dit ’n groot aanpassing, het ek dit vinnig begin geniet. Ek kon ek nie vir ’n beter eerste ervaring vra nie.

“Kan jy glo? Boonop ’n draaiboek deur Tertius Kapp.”

Kapp, wat voorheen die Hertzogprys vir drama gekry het, is bekend om toneelstukke soos Rooiland en die kykNET-drama Die spreeus.

Morné du Toit is die regisseur van dié reeks wat uit net vyf spelers en vier episodes bestaan.

De Kock vertolk die rol van Lena Schoeman, ’n profielsamesteller, wat tydens die inperking saam met haar man, seun en skoonma woon.

“Ek moes oplet na die nie-verbale aspek van televisiewerk. Daar is emosies en nuanses wat die kamera raaksien. Ek is op stel ingelig televisie is ’n fluid medium. Retakes is deel van die pakket.”

Haar karakter word tuis en by haar werk deur uitdagings in die gesig gestaar.

“Lena is deel van ’n span wat baie cold cases aandurf,” sê De Kock.

“Sy is werklik haar eie mens. Sy is mal oor haar persoonlike ruimte en glad nie apologeties oor haar loopbaan en die grusaamheid daarvan nie. En die inperking het haar geleer om diplomaties te wees. Veral met dié dat haar skoonma dit saam met haar deurbring.”

Pietie Beyers en Liezl de Kock in ‘Siende blind’. Foto: kykNET

Haar oorbeskermende skoonma, Martinette, vertolk deur Hanli Rolfes, bewaar ’n donker geheim.

Lena is getroud met die veel jonger Roelf, vertolk deur Pietie Beyers.

Soos die tyd aanstap, raak Lena al hoe meer agterdogtig oor haar skoonfamilie en dit lei tot spanning.

Die Schoemans se seun, Henry, word vertolk deur Christopher van der Westhuizen, en Lena se kollega Ricky, wat haar aanlyn bystaan, word vertolk deur Keenan Arrison.

De Kock het ’n meestersgraad in drama aan die Rhodes-Universiteit in Makhanda verwerf, asook ’n honneursgraad in regstreekse opvoering by Afda.

“Daar is nie juis nog televisiewerk op pad nie, maar ek sal dit beslis weer wil doen,” sê De Kock.

Siende blind word Dinsdae om 20:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Liezl de Kock vertolk die rol van Lena Schoeman, ’n profielsamesteller in ‘Siende blind’. Foto: kykNET
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.