Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
TV-reeks wil wys waarom ons haat
’n Toneel uit die Showmax-reeks ‘Why We Hate’.

“Die mens het ’n ongeëwenaarde vermoë om lief te hê en saam te werk. Waarom haat ons mekaar partykeer so intens en tree ons partykeer so wreed op? Haat lei tot boeliegedrag, maatskaplike ongeregtigheid, geweld, oorlog en selfs massamoord.”

Dit is die openingswoorde van Why We Hate, ’n Showmax-reeks wat in ses episodes antwoorde op dié vraag probeer vind. Die reeks is in ervare hande – Steven Spielberg en die regisseur Alex Gibney (Taxi to the Dark Side) – is die vervaardigers.

Verskeie onderwerpe soos massaskietery by skole, haatmisdaad, die invloed van sosiale media en fanatiese optrede in sport, politiek en godsdiens word ondersoek en is gemik op kenners, slagoffers en oortreders.

Die reeks wys hoe mededinging haat aanvuur wat in die diereryk dikwels weens ’n tekort aan kos is.

“By mense gaan dit nie oor lewensnoodsaaklikhede nie. Fanatiese sportondersteuners se gedrag is soos dié van stamlede wat die groep wil beskerm of verdedig. Hulle is soos mense wat saam in die voorste linies geveg het en vir mekaar sal sterf,” sê Martha Newson, antropoloog.

’n Buitestander het in die antieke tyd sy dood tegemoet gegaan as hy uit ’n groep gestoot is. Nou nog wil die mens onteenseglik deel van ’n groep wees.

Die neurowetenskaplike David Eagleman sê om nie deel van ’n groep te wees nie, lei tot psigiese pyn wat net so pynlik soos fisieke pyn kan wees. Dit maak dat almal deel van ’n groep wil wees.

Volgens die kognitiewe wetenskaplike Laurie Santos is die mens geneig om die wêreld te verdeel in “ons en hulle”. Empatie word net getoon teenoor dié in die eie groep, terwyl emosies totaal weerhou word van dié in die ander groep.”

* KYK DIT HIER OP SHOWMAX

Maar daar is hoop. Megan Phelps-Roper het grootgeword in ’n anti-gay, anti-Katolieke, anti-Joodse en anti-Moslem-kerkgemeenskap, en het geglo sy en almal om haar het die waarheid beet. Toe sy op sosiale media iemand “ontmoet” wat haar oor ’n ander waarheid inlig en na wie sy met ’n oop gemoed geluister het, kon sy begrip vir die “ander” toon.

Volgens navorsing word die mens met ’n natuurlike empatie gebore. Brian Hare, ’n evolusionêre antropoloog, glo “al voel ons bedreig, al haat ons en is ons in staat om grusame geweld te pleeg, kan ons leer om nie te haat nie”.

Meer oor:  Tv  |  Showmax
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.