Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
TV-verhoog: Laaste kans om ‘Nataniël gesels’ te sien

Nataniël gesels
met Nataniël ook as regisseur. By die Atterbury-teater.

Op Saterdag 24 Oktober gesels Nataniël oor allerlei prikkelende onderwerpe. En, soos ’n mens hom ken, kan dit wissel van stories uit sy kinderdae, die kleurvolle karakters wat hy al leer ken het, tot wat nou ter plaatse gebeur. Alles met sy unieke blitshumor.

Hierdie produksie is voorheen aangebied en Saterdag die 24ste is die laaste vertoning van Nataniël gesels op die verhoog.

Wat so verblydend is oor hierdie, en ander produksies wat in dié geliefde teater aangebied word, is die feit dat mense saam die vertoning kan bywoon, met mekaar kan korswel, lekker lag en selfs vrae aan Nataniël kan rig.

Streng Covid-19-veiligheidsmaatreëls geld egter nog steeds, wat beteken hande moet ontsmet word en maskers moet gedra word, terwyl afstande tussen gaste gehandhaaf moet word.

Kaartjies kos R250 en die vertoning begin stiptelik om 11:00. Alle gaste moet maskers dra en sal teaterprotokol moet volg. Slegs 200 kaartjies is beskikbaar – hou in gedagte dat die teater slegs 50% van sy plek mag gebruik.

Daar is ’n ouderdomsperk, en kaartjies kan bespreek en gekoop word by www.atterburytheatre.­co.za.

Hoe gouer jy spring, hoe groter is jou kans om betyds kaartjies te bekom.

Nataniël bring ook sy Kaalkop-winkel saam. Vrae kan in ’n hoed gegooi word (die vraestellers mag gelukkig anoniem bly) en Nataniël gaan soveel moontlik daarvan beantwoord.

Van die antwoorde kan jou bes moontlik verras!

  • Ouderdomsperk: Niemand onder 15 nie.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.