Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Tyd vir liefde in ‘Boer soek ’n vrou’
Duncan (36) van Verkykersdorp in die Vrystaat boer met beeste.

Gaan eensame boere in die 11de reeks van Boer soek ’n vrou liefde vind?

Toanette (23) van Modimolle in Limpopo boer met wild.

Die sangeres Leah, wat die reeks aanbied, sê daar is beslis ’n knertsie liefde in die lug. Dit begin volgende Donderdag.

“Kykers kan uitsien na die oulikste tien boere en ek wat ‘probeer’ boer. Daar was lekker snaakse oomblikke, mooi oomblikke, trane en daar was vir seker liefde in die lug.”

Die sangeres, wat ná Minki Joubert oorgeneem het as aanbieder van die werklikheidsreeks, sê al is sy is effens angstig voor die eerste episode se uitsending, is sy ook opgewonde.

“Ek sal erken, ek skrik soms as ek myself op TV sien. Maar ek is beslis meer opgewonde as senuagtig. Volgende Donderdag kan maar kom,” sê sy.

Al wens sy sy kon die eerste episode by die huis kyk saam met haar vriende, werk sy ongelukkig en sal dit later die aand saam met haar bestuurder moet kyk.

“Ek sal wel die heruitsending saam met my man kyk as ek weer tuis is,” sê Leah.

André (35) van Colesberg boer met skape en Angorabokke.
Cassie (28) van Elandslaagte in KwaZulu-Natal boer met beeste en saad.

Wilmer Müller, woordvoerder van die program, sê kykers kan uitsien na ’n reeks vol inspirerende stories van gewone mense wat op soek is na ’n pasmaat of sielsgenoot.

Hy sê ook dat daar ’n paar veranderings aangebring is.

“Vir die elfde seisoen is daar ’n nuwe regisseur, Berdene Burger, en kykNET stof ook die kenteken af.

“Daar is ook vars flair aan die temaliedjie gegee. Leah, soos al die vorige aanbieders, gaan sonder twyfel diep in kykers se harte kruip en volksbesit raak,” sê hy.

Daar is in Februarie met verfilming begin en Leah en die produksiespan het “derduisende kilometers oor die hele land afgelê”.

* Boer Soek ’n Vrou begin op 18 Oktober om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144.)

Johan (30) van Reivilo in Noordwes boer met beeste.
Marx (24) van Barkley-Oos in die Oos-Kaap boer met skape en beeste.
Rèan (26) van Groblershoop in die Noord-Kaap is ’n wynboer en boer ook met pekanneute.
Schalk (26) van Vaalwater in Limpopo boer met wild en eksotiese wild.

Meer oor:  Leah  |  Boer Soek 'N Vrou  |  Liefde. Televisie  |  Romanse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.