Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Uitsaaiers nie teen pleidooi van akteurs
Jack Devnarain

Suid-Afrikaanse uitsaaiers is ten gunste daarvan dat daar gekyk word na akteurs se vergoeding waar heruitsendings ter sprake is.

Dit volg op die nuus dat die Suid-Afrikaanse Akteursgilde (Saga) Donderdag in die parlement ’n pleidooi lewer om tantieme aan akteurs te betaal vir heruitsendings van televisiereekse en rolprente waarin hulle verskyn het.

M-Net ondersteun nuwe wetgewing wat die posisie van Suid-Afrikaanse akteurs bevorder, sê Kenneth Nxumalo, MultiChoice se woordvoerder.

Die akteur Jack Devnarain, voorsitter van Saga, lewer Donderdag ’n voorlegging in die parlement.

Indien die voorlegging slaag, sal akteurs ook op hul oudag nog ’n volhoubare inkomste verdien omdat hulle met elke heruitsending vergoeding sal ontvang.

Saga ondersteun die Wysigingswetsontwerp op die Beskerming van Kunstenaars in wese, maar glo dit moet aangepas word.

Weens die gebrek aan statutêre regulasies is Suid-Afrikaanse akteurs al jare in die benarde posisie dat hulle geen tantieme vir hul televisie- of rolprentwerk ontvang wanneer dit weer uitgesaai word nie.

“M-Net belê veral in plaaslike inhoud in Suid-Afrika,” sê Nxumalo.

“Ons ondersteun nuwe wetgewing wat die posisie van plaaslike akteurs bevorder. Daar is verskillende maniere om akteurs te vergoed. Dit kan met ’n voorafbedrag wees wat oorwegings vir heruitsendings insluit, of ’n laer voorafbedrag met bykomende betalings vir heruitsendings. Ons verkose model is om ’n voorafbedrag te betaal wat die oorwegings van heruitsendings insluit. Ons sien uit daarna dat nuwe wetgewing gefinaliseer word.”

Die SAUK maak wel ’n vergunning in hul kontrakte wat die heruitsendings betref.

Volgens Neo Momodu, SAUK-woordvoerder, word ’n standaardkontrak geteken waarin daar vir die hoofakteurs voorsiening gemaak word dat hulle heruitsendingsgeld sal ontvang indien ’n reeks of rolprent heruitgesaai word.

“Die heruitsendingsgeld word toegeken wanneer ’n program op die SABC heruitgesaai word. In gevalle waar ’n produk aan ’n ander kanaal gelisensieer word, word inhoudgebruiksgeld betaal.

“Spelers wat in SAUK-vervaardigde produksies optree, kom in aanmerking vir heruitsendingsgeld waar ’n persentasie van die oorspronklike betaling weer uitbetaal word. Die SAUK betaal hoofspelers en -skrywers slegs vir ’n heruitsending wat geskied kragtens die voorwaardes wat die produksiemaatskappye onderteken het.”

Dié vergoeding vir akteurs is ’n standaardpraktyk in ander lande.

In sy voorlegging gaan Saga onder meer vra om eksklusiewe regte aan akteurs toe te staan wanneer ’n oudiovisuele opname (vir televisie en ’n rolprent) van hulle gebruik word.

“Die akteur moet ’n persentasie van daardie inkomste as oorblywende inkomste ontvang,” sê Devnarain.

Meer oor:  M-Net  |  Sabc  |  Jack Devnarain  |  Vergoeding  |  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.