Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Van Coke help Badisa met skenking in ‘Die koevert’

“Dankbaarheid vir my is om te besef wat jy het, is genoeg – en om te besef wat jy het, is dit waarna ander mense smag. Om elke aand in ’n warm bed te kan lê, om elke dag bevoorreg te wees om kos te kan hê, dit is ’n voorreg wat nie baie mense het nie. So, dankbaarheid vir my is net om te besef die klein goed is eintlik die groot goed in jou lewe.”

Só het Bianca Louw van die organisasie Badisa in Donderdagaand se episode van Die koevert gesê kort nadat die rocker Francois van Coke ’n koevert met R10 000 vir Badisa aan haar oorhandig het.

Francois van Coke Foto: Via
Bianca Louw Foto: Via

Die reeks gee bekendes die geleentheid om twee koeverte aan ’n alledaagse held van hul keuse te oorhandig – een met R10 000 wat die held in die sak kan steek, en ’n tweede met nog R10 000 wat die held aan ’n ander weldoener kan oorhandig.

Dié weldoener kry dan ook die geleentheid om R10 000 aan iemand te oorhandig wat ’n verskil in die samelewing maak.

Van Coke het Badisa benoem – ’n organisasie wat uit die NG Kerk en VG Kerk gebore is en onder meer jaarliks meer as 600 000 mense uit 145 kantore in die Wes-, Oos- en Noord-Kaap deur talle maatskaplike programme bystaan.

“Ek is baie bly om Badisa te kan help,” het Van Coke gesê. “Ek weet hulle doen goeie werk en ek weet die R10 000 sal gaan vir goeie goed. En ek is bly dat dit in my neighbourhood (Bellville, Kaapstad) gebeur en vir goeters waaroor ek passionate is, soos kids en families.”

Louw was “geskok” oor Van Coke se besoek aan haar en was uit die veld geslaan toe hy die koevert aan haar oorhandig. Sy het egter dadelik geweet aan wie sy die tweede koevert gaan skenk: Diaconia, ’n taakspan van die NGK en VGK wat onder meer fokus op inisiatiewe vir vroeë kinderontwikkeling asook rampondersteuning.

Nioma Venter Foto: Via
Ilse Maartens Foto: Via

Nioma Venter, bestuurder van Diaconia, het die R10 000 as “letterlik saaigeld” beskryf omdat hulle dit gaan inploeg in ’n projek wat sowat 500 gemeentes gaan aanspoor om groentetuine aan te lê.

Venter het die trane laat rol toe sy haar tweede koevert aan Ilse Maartens, takbestuurder by die organisasie Mes, oorhandig het. Mes is volgens Maartens ’n organisasie wat fokus op maatskaplike ontwikkeling en onder meer hawelose mense en families in veral risikogebiede ondersteun.

Oh, my goodness, gracious me!” het Maartens bewoë gesê toe sy die koevert oopmaak.

“ ’n Mens kan nooit die mag van finansies onderskat nie. Money does make the world go round – en dis ’n ongelooflike geskenk.”

  • Episode ses van Die koevert, waarin Van Coke verskyn het, is Donderdag om 18:00 op Via (DStv-kanaal 147) uitgesaai. Die program word in samewerking met Netwerk24 aangebied. Jy staan ook ’n kans om R2 000 te oorhandig aan ’n persoon of organisasie wat ’n verskil in die gemeenskap maak. Al wat jy moet doen, is om hulle in die kommentaarafdeling van hierdie berig te benoem.
Meer oor:  Mes  |  Francois Van Coke  |  Die Koevert  |  Tv  |  Via
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.