SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Tv
Van Coke vierde afrigter in ‘The Voice’
Francois van Coke

Die rocker Francois van Coke is die vierde afrigter in die derde reeks van die musiekwerklikheidsreeks The Voice op M-Net.

Hy, Riky Rick, Riana Nel en Lira gaan opkomende sangers in die komende reeks help om hul sangdrome te verwesenlik.

As hoofsanger van Fokofpolisiekar het Van Coke (gebore Badenhorst) die Afrikaanse musiekbedryf in die vroeë 2000’s met mening getref. Later was hy ook hoofsanger van die destydse rock band Van Coke Kartel.

Hy het ook al twee solo-albums uitgereik en tans bied hy sy eie speletjiesprogram op kykNET (DStv-kanaal 144) aan.

Van Coke is mal oor samesmelting tussen verskillende sangers en musikante en hy het in Julie die EP En Vriende die lig laat sien, waarin hy optree saam met kunstenaars soos Jack Parow, Heuwels Fantasties, Early B en Laudo Liebenberg van aKING.

The Voice is ’n musiektalentkompetisie waarin vier afrigters (bekende sangers) met die eerste oudisies, die “blinde oudisies”, met hul rug na die deelnemer sit. Op grond van ’n deelnemer se stem besluit hulle dan of hulle die deelnemer onder hul vlerk wil neem.

Die derde seisoen se “blinde oudisies” word vandeesmaand gehou. Toegang is gratis, maar bespreking is noodsaaklik. Die eerste “blinde oudisies” word op 21 en 22 November aangebied en daarna op 26 en 27 November. Besoek mnet.tv/thevoice om te bespreek.

* Die nuwe reeks word in die Urban Brew Studios in Randburg verfilm.

* Die eerste episode van die derde reeks word op 3 Februarie om 17:30 op M-Net (DStv-kanaal 101) uitgesaai.

Meer oor:  M-Net  |  Urban Brew  |  Francois Van Coke  |  Televisie  |  The Voice
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.