Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Verhouding gaan net oor hom en sy meisie, sê boer Johan
Boer Johan (28) Foto: Verskaf

Boer Johan (28) se ideale afspraak is om die sonsondergang om ’n vuur op die plaas te aanskou.

Nou moet hy nog net daardie spesiale persoon ontmoet om dit saam mee te doen.

“Ons het nou nogal baie mooi sonsondergange, so dis lekker om die bakkie te vat en ’n vuur in die land te maak en te kyk hoe gaan die son onder,” sê Johan, ’n saai- en veeboer van Marquard in die Vrystaat.

Johan is een van die tien boere wat in die 14de seisoen van Boer soek ’n vrou op kykNET sal verskyn.

Hy hou ook van vas dans, jag en om saam met vriende om ’n vuurtjie te kuier.

Hierdie boer sal dit geniet as sy meisie saam met hom in die landerye op die trekker ry en hulle op dié manier saam tyd kan deurbring.

Die rol wat sy droomvrou op die plaas gaan vervul, hang hoofsaaklik van haarself af.

“Ek verwag nie dat my vrou die heeldag voor die stoof staan en kosmaak nie. Sy moet vir seker haar eie belangstellings hê, want sy moet ook gelukkig wees – dit help nie net ek is gelukkig hier nie,” sê Johan.

“As sy wil werk dan sal ek haar daarin ondersteun, en as sy eendag by die huis wil bly dan sal ek haar ook ondersteun. Dit is haar besluit en die huis moet vir haar ook lekker wees.”

Johan beplan nie om enige soene uit te deel vir die vroue wat op die plaas gaan kuier nie, en hou dit vir die regte oomblik.

Hoewel sy familie se menings oor die meisie wat hy kies vir hom belangrik is, gaan die verhouding uiteindelik oor hom en haar.

“ ’n Mens is altyd bang oor wat ander mense sê, maar dis nie hoe dit moet wees nie. Solank jy en sy net gelukkig en tevrede is met mekaar, dan is dit goed,” sê Johan.

Ek verwag nie dat my vrou die heeldag voor die stoof staan en kosmaak nie. Sy moet vir seker haar eie belangstellings hê, want sy moet ook gelukkig wees – dit help nie net ek is gelukkig hier nie.

“Die familie moet ook jou belangstelling in ag neem. Dit sal ook lekker wees as ek darem weet haar familie hou van my ook – ’n mens wil tog by jou skoonmense gaan kuier en dit geniet.”

Op hierdie reis wat hy nou begin met Boer soek ’n vrou is hy die bangste vir slegte blootstelling.

“Daar sal seker altyd iemand wees wat iets negatief te sê het oor iemand, maar ek moet ook besef dit gaan nie oor die ander mense nie – dit gaan oor my en wat vir my belangrik is.”

• Diegene wat vir boer Johan wil inskryf, moet ouer as 21 wees en ongetroud, geskei of ’n weduwee wees. Inskrywings moet voor middernag op 29 Julie ingedien word. Vroue kan inskryf op kykNET se webtuiste, kyknet.tv of deur 079 335 5137 te bel of ’n e-pos na boer@marche.media (let wel .media en nie .co.za nie) te stuur.

Meer oor:  Boer Soek 'N Vrou  |  Boer Johan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.