Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Verkrag-toneel in sepie lei tot veldtog
kykNET

’n Verkragtingstoneel in die kykNET-sepie Getroud met rugby en die syfers deur Statistieke Suid-Afrika wat aandui dat vroue in Suid-Afrika meer as in enige ander land verkrag word, het gelei tot kykNET se bewusmakingsveldtog oor verkragting.

Dit stel ten doel om geld vir slagoffers in te samel en moedig kykers aan om ook tot die saak by te dra.

Daar word verder beraam dat ongeveer ’n kwart van Suid-Afrika se vroue verkrag sal word.

“Ons wou iets doen wat regtig ’n invloed sou hê,” sê Lindi Herbst, bemarker by kykNET oor #kykNETGeeTerug wat die niewinsgewende organisasie iDUC (Initiative for Dedicated Upliftment and Care) as begunstigde gekies het.

“Die oorspronklike idee het posgevat toe ek van die verkragtingstoneel in Getroud met rugby (GMR) bewus geword het. Rudo van Heerden, bemarker by GMR, het my vertel van Santi Britz, wat iDUC begin het. Sy is tien jaar gelede in haar huis deur ’n vreemdeling verkrag. Dit het net mooi gepas dat ons iets doen rondom verkragting omdat dit so prominent op die kanaal was. En omdat ons van iDUC geweet het, het dit sin gemaak om hulle as begunstigde aan te wys.”

kykNET het die veldtog begin deur R5 000 aan iDUC te skenk.

iDUC werk nou saam met sentrums van Rape Crisis en bied ondersteuning aan die beraders. Hulle help ook slagoffers deur hulle by te staan om die verkragting aan te meld en tydens beradingsessies.

Benewens die toneel in GMR waar Anna (Kate Roothman) deur Jacques (Armand Aucamp) verkrag word, word ’n karakter in die telenovelle Arendsvlei byna deur haar matriekafskeidmetgesel verkrag.

“Elke kykNET-program het ’n toesigvervaardiger wat nou betrokke is by die inhoud van die programme,” sê Herbst. “Hulle woon werkswinkels en dinkskrums by om seker te maak dat die inhoud van die program met die kanaal se strategie ooreenstem. Dus was die toesigvervaardigers van GMR en Arendsvlei bewus van die storielyne en is dit deur die kanaal goedgekeur. Sepies bied nie net vermaak nie, dit weerspieël dikwels die werklikheid met die doel om bewusmaking te skep en in te lig.”

Die kanaal wil mense se aandag vestig op hoe hoog die verkragtingsyfers werklik is asook die werk wat iDUC verrig.

“Met kykNET wat in November 20 jaar oud word, het ons besluit om die inisiatief #kykNETGeeTerug te begin. Met hierdie inisiatief beoog ons om gereelde veldtogte te begin om die gemeenskap te ondersteun. Ons kykers en die gemeenskap is ’n belangrike deel van kykNET se sukses en daarom wil ons graag teruggee. Ons volgende veldtog sal rondom Kersfees wees.”

Die veldtog om die bewusmaking van verkragting duur tot middel-September.

* Kykers kan ook ’n bydrae lewer deur geld te skenk waarmee japonne en eendjies vir die slagoffers gekoop word.

Die besonderhede:

FNtjekrekening

62572565649

Gebruik kykNET as verwysing met die betaling.

* Stuur ’n e-pos aan kyknet@kyknet.co.za vir meer inligting.

Meer oor:  Veldtog  |  Kyknet  |  Verkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.