Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Verlief en verlore – nie net op ‘Binnelanders’
Ruan Wessels en Marijke Bezuidenhout soos hulle in Binnelanders te sien is as Morné en Liezl. Foto: Vernondo Boshoff Photography

Weeksaande om 19:30 vertolk hulle die rolle van Liezl en Morné – twee verliefde tieners in die kykNET-sepie Binnelanders wat so tussendeur hul wiskundehuiswerk verlief geraak het.

Maar die liefde blom ook in die regte lewe tussen Ruan Wessels en Marijke Bezuidenhout en Sondag vier hulle hul eerste Valentynsdag saam.

“Ons het op die Binnelanders-stel ontmoet, maar meer van die stel af verlief geraak,” verduidelik Ruan, wat verlede jaar in matriek was.

Marijke sê ook dit was die tyd wat hulle tussen die verskillende tonele deurgebring het, wat toegelaat het dat hulle mekaar beter kon leer ken.

“So, ons het eintlik eers beste vriende geraak,” sê Marijke (21). Hulle het “tussen September en Oktober” verlede jaar begin uitgaan.

Ruan meen hy het dadelik gedink Marijke is ’n baie mooi vrou toe hulle albei in die sepie begin toneelspeel het.

“Maar dit was baie onverwags. Ons het maar saam begin kuier,” sê hy.

Ruan en Marijke is dit eens dat hulle hulself op stel professioneel gedra en dat min dinge tussen hulle verander het sedert hulle amptelik ’n paartjie is.

“Jy sal dit nie glo nie, maar die soentonele het meer awkward begin raak vandat ons uitgaan,” sê Ruan.

“Voordat ons begin uitgaan het, het ons uitgesien na ’n soentoneel. Nou haat ons dit. Want nou weet ons almal weet ons is saam.

“Nou doen ons dit maar net, en as hulle sê cut, dan lag ons maar net,” sê Ruan.

Marijke meen ook voorheen was die soentonele net deel van hul werk.

“En toe het ons vriende en familie geweet dit is net ons werk. Maar nou is dit soos, oh wow! Almal sien ons is regtig saam,” sê Marijke laggend.

Volgens Marijke, wat ook deeltyds studeer, is dit nie vreemd om saam te werk én uit te gaan nie.

“Dit is nou net ’n ekstra rede om mekaar elke dag te sien.”

En met Valentynsdag om die draai?

“Ek beplan iets spesiaal. Ek kan nie wag nie. Ek gaan haar verras,” sê Ruan.

“Hy is net die perfekste en die oulikste en het net gesê ek moet gereed wees en oor niks worry nie. Ek is absoluut mal oor verrassings,” sê Marijke.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.