Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
VIA: Nuwe programme én ou gunstelinge te sien

Kykers word vandeesmaand getrakteer op nuwe programme op Via (DStv-kanaal 147) – en ou gunstelinge maak hul terugkeer.

Die tydskrif Tuis se slim en byderwetse planmakers ruk nagmerrie-vertrekke reg in Pak weg, pak reg op Maandae om 19:30.

Elandré Schwartz
Elandré Schwartz gaan saam met sangers soos Kurt Darren, Demi Lee Moore en Jakkie Louw en hul aanhangers deelneem aan Musiekpaniek.

Carla Mackenzie is die aanbieder van ’n splinternuwe musiekvasvraprogram met top- Afrikaanse kunstenaars. Kyk hoe sangers soos Kurt Darren, Demi Lee Moore, Jakkie Louw en Elandré saam met hul geesdriftigste aanhangers op Vrydae om 20:30 aan Musiekpaniek deelneem.

Marlene le Roux se nuwe geselsprogram bekyk trauma en hoe dit mense se lewe gevorm het. Gaste soos Gideon Lombard, Bianca Flanders, Karin Kortje en dr. Beryl Botma vertel meer in Die lewe skuld jou niks op Donderdae om 21:00.

In die dokumentêre reeks Swartskaap word ons samelewing se randfigure ondersoek, van sekswerkers tot berugte bendeleiers. Dit is nie vir sensitiewe kykers nie en word van 31 Augustus af op Maandae om 21:00 uitgesaai.

In Vermis is die onopgeloste sake van vermiste persone op die agenda. Edna Piercey (16) het op 14 Oktober 2001 uit haar buurt in Rustenburg verdwyn. Quewin Boshoff is werk toe by ’n haarsalon in Randburg, maar het nooit weer huis toe gekom nie. Op Dinsdae om 21:00 ontmoet die aanbieder Doreen Morris naasbestaandes en loop op die vermistes se spoor terug om te probeer uitpluis wat gebeur het.

Van 25 Augustus af vertel oortreders ons van hul groot foute, worsteling en van oorbegin in Agter tralies op Dinsdae om 20:30.

Etlike gewilde reekse keer ook terug, soos die nuwe seisoen van Landbouweekliks met Elma Postma en HemelBesem wat jou op die hoogte hou van verwikkelings in die landboubedryf op Dinsdae om 19:30 en Donderdae om 18:30.

Alvin Bruinders en Marinda Engelbrecht kyk hoe potjiekoskenners teen mekaar meeding in die 11de seisoen van Laat die potte prut wat Donderdae om 20:00 op die kassie is met herhalings Saterdae om 21:00.

Van 28 Augustus kan jy weer rusbankreise saam met Henk en Suna Brand onderneem. Hulle weet net wat is die lekkerste dinge om te doen, te eet en waar om te bly. Sien, smaak, slaap wys Vrydae om 17:30.

En wat is dan nou lekkerder as ’n braai, veral wanneer familie en vriende teen mekaar meeding? Seisoen 10 van Kom ons braai: familie en vriende is van 19 Augustus op Woensdae om 20:30 terug, met herhalings Saterdae om 19:30.

Klein sakeondernemings is die hartklop van ons samelewing en ons kyk na ons entrepreneurs en planmakers in die tweede seisoen van Besigheid wat saak maak Saterdae om 08:30 en Dinsdae om 21:30.

Meer oor:  Dstv  |  Via
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.