Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
VIA spog met nuwe programme

Twee nuwe werklikheidsreekse begin vandeesmaand op VIA (DStv-kanaal 147), terwyl vyf programme met nuwe seisoene terugkeer.

Werner Greeff in Terug op die veld. Foto: Via

* Met die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Japan wat in September begin help ou rugbykoors. In die werklikheidsprogram Terug op die veld help die afrigters Marius Joubert en Paul Delport ’n groep voormalige rugbyspelers soos Werner Greeff, Bolla Conradie, Wayne Julie en Frikkie Welsh om weer wedstrydfiks te word. Dit begin op 23 Julie om 17:30 en Henré Pretorius is die aanbieder.

* Vanaand om 21:00 begin die reeks Boshospitaal waar ’n span van vier dierebewaarders en een veearts by die Hoedspruit-sentrum vir bedreigde spesies van gestroopde renosters tot wees-nagapies probeer red. Dit word Saterdae om 18:00 herhaal.

Pietie Beyers is Maandag terug op die kassie in die vierde seisoen van die vasvraprogram Blitsbrein. Nuwe episodes word Maandae om 19:30 uitgesaai met heruitsendings op Sondae om 19:00.

Via
Die reeks Boshospitaal begin Maandag om 21:00. Foto: Via

* ’n Nuwe seisoen Huisgenoot: Ware lewensdramas begin ook Maandag. In dié seisoen word daar gekyk na stories wat die land aangegryp het. Dit sluit in stories soos die voormalige tennisspeler Bob Hewitt se vonnisoplegging, die tragedie by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark vroeër vanjaar, Hannah Cornelius, en die Waterkloof-vier. Dit word om 20:00 uitgesaai. Dit word in samewerking met Finbond Platinum aangebied.

* Die trouprogram Kom ons trou, nou! is Donderdag terug op die kassie. Dié keer help die televisiepersoonlikheid Pulane Sekepe vroue wat moeg gewag is vir die jawoord, om in ’n drie dae verrassingstroues agter hulle kêrels se rug te reël. Dit word om 20:00 uitgesaai.

* Die gewilde Stellenbosse kabaretster en taxibestuurder Leatitia Solomons is Donderdag om 21:00 terug in die tweede seisoen van Leatitia se taxi. Dit word in samewerking met Afrikaans.com aangebied.

Frik Oosthuizen en Piet Marais kom ook terug met ’n nuwe seisoen van Laat die potte prut. Dit begin op 30 Julie om 20:30 uitgesaai met heruitsendings op Saterdae om 20:30.

Meer oor:  Pietie Beyers  |  Televisie  |  Via
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.