Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Via vertoon dokumentêr oor Steinhoff

DStv-kykers wat nog nie die opspraakwekkende Steinhoff-debakel mooi verstaan nie, kan uitsien na ’n dokumentêre program oor dié korporatiewe reus se ineenploffing.

Dié tweedelige dokumentêr word in die eerste twee weke van vandeesmaand op die Afrikaanse leefstylkanaal, Via (DStv-kanaal 147), uitgesaai.

Robert Kaden, Via-woordvoerder, sê talle mense verstaan nog nie mooi hoe die Steinhoff-debakel inmekaar steek nie.

“Steinhoff bly op almal se lippe. Ons het daarom besluit om ’n dokumentêre program daaroor te maak,” sê Kaden. Dit word so aangebied dat dit maklik verstaanbaar is.

Via sê in ’n verklaring dié dokumentêr is die laaste aflewering in die dokumentêre reeks Ons praat oor.

“Die eerste deel van die dokkie handel oor die geskiedenis en meteoriese opgang van Steinhoff, asook die kernrolspelers wat gehelp het om van dié maatskappy ’n wêreldwye sukses te maak. Daar word gekyk na moontlike waarskuwingstekens wat kon gehelp het om die korporatiewe reus se finansiële ineenstorting te voorkom,” lui die verklaring.

“Deel twee skop af met die dramatiese ineenstorting van Steinhoff op 5 Desember 2017.”

Deel twee ondersoek ook hoe die Steinhoff-sage Suid-Afrikaners raak, en hoe, indien moontlik, Steinhoff sal kan herstel.

’n Verskeidenheid kenners neem aan die program deel. James-Brent Styan, skrywer van Steinhoff en die Stellenbosse boys, Nellie Brand-Jonker, ’n joernalis by Netwerk24, Rob Rose, redakteur van Financial Mail, en Magda Wierzycka, uitvoerende hoof van Sygnia, is van die deelnemers.

* Deel een word Woensdag 5 September om 20:00 uitgesaai. Die heruitsending van die eerste deel is op Sondag 9 September om 18:00.

* Deel twee word Woensdag 12 September om 20:00 uitgesaai. Die heruitsending is op Sondag 16 September om 18:00.

Meer oor:  Steinhoff  |  Dstv
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.