Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Voormalige Mnr. Indië SA deel van nuwe ‘Survivor SA’
Nico Panagio is weer die aanbieder van Survivor SA op M-Net. Foto: Lisa Skinner

Tevin Naidu, ’n voormalige Mnr. Indië Suid-Afrika en aanbieder van die destydse SAUK-leefstylprogram Eastern Mosaic, is in ’n stryd om oorlewing saam met die ander 17 deelnemers in die sesde seisoen van Survivor SA. Die reeks begin Donderdagaand op M-Net.

M-Net het vroeër die week die 18 deelnemers aan die publiek bekend gestel wat met die minimum hulpbronne (en kos) op ’n afgeleë plek moet oorleef, en nie net die omstandighede nie, maar ook die stamvergadering waar ’n deelnemer die trekpas kry.

In dié seisoen gaan dit nog moeiliker omdat daar tot 39 dae geswoeg, gespartel en geswem gaan word teenoor die 27 dae in die verlede.

Dit was nie ’n probleem dat Naidu, ook ’n mediese dokter, ’n bekende persoonlikheid is nie, het Handrie Basson, die uitvoerende vervaardiger, op ’n mediavoorskou gesê.

“Die grootste faktor om deelnemers te kies, is mense wat werklik groot aanhangers van die program is. Die dag van Tevin se oudisie, nadat hy reeds die rondes van die video-inskrywing en telefoniese onderhoud geslaag het, het hy ons vertel van sy geskiedenis as kyker van die program. Hy was sewe toe hy dit die eerste keer gesien het en hy is mal oor die formaat. Hy het vertel dat Survivor die rede was waarom hy self in televisie betrokke geraak het.”

Dit het vir die vervaardigers die swaarste geweeg.

Basson sê die kykers sal sy reis as deelnemer volg en hoe intelligent en strategies hy te werk gaan.

“Baie mense in die land is celebrities, maar as jy ’n aanhanger is, staan jy ’n kans om as ’n deelnemer gekies te word.”

Lani Lombard, publisiteitshoof van M-Net, sê die reeks, waarvan Nico Panagio weer die aanbieder is, is soos ’n dramareeks.

“Jy moet elke episode kyk, anders is jy verlore. Daarom word dit nou op Donderdae pleks van Sondae uitgesaai. Die deelnemers is groot aanhangers, maar dit is nogtans ’n groot berg wat voor hulle lê. Ek haal my hoed vir hulle af. Hulle moet regtig ’n klomp goed trotseer. Dikwels sê die deelnemers hulle sal dit weer doen. Dit is hoe geesdriftig hulle daaroor is.”

Die deelnemers het nie geweet waarheen hulle sou gaan nie. Dit het hulle eers geweet toe hulle op die vlug na die Filippyne was. Van die lughawe het hulle na hul bestemming gereis.

Hulle bring die eerste paar dae in isolasie deur, sê Basson. “Hulle vind dan uit presies wat van hulle verwag word. Hulle kry ook ’n boekie met allerhande inligting oor die betrokke omgewing.”

Die deelnemers is:

Ace (28), grafiese ontwerper van Johannesburg.

Neil (55), hoof van mensehulpbronbestuur van Johannesburg.

Annalize (44), spysenier van Kaapstad.

Josie (28), reisskrywer van Kaapstad.

Katinka (19), ’n sosialemediakenner van Mosselbaai.

Marthinus (29), beleggingsraadgewer van Durban.

Chané (28), administrasieklerk van Bloemfontein.

Jeanne (34), vervaardiger van radioprogramme van Kaapstad.

Murishca (34), bemarkingsbestuurder van Kaapstad.

Palesa (28), radio-omroeper van Johannesburg.

Stacey-Lee (27), sakeontleder van Kaapstad.

Tevin (24), mediese dokter van Durban.

Werner (34), pastoor en biokinetikus van Secunda.

Tom (41), bestuurder van ’n avontuurkamp van Port Elizabeth.

PK (28), myntegnikus van Centurion.

Seamus (25), eiendomsmakelaar van Durban.

Toni (38), inhoudsontwikkelaar van Johannesburg.

Vusi (35), logistieke bestuurder van Johannesburg.

* Survivor South Africa: Philippines word Donderdae om 19:00 op M-Net (DStv-kanaal 101) uitgesaai.

Meer oor:  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.