Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Voorspellers se dienste beëindig
Annette Botha, weervoorspeller van eNCA, het Donderdag die nuuskanaal gegroet.

Die eNCA- en eNuus-kanaal het sowat ’n week gelede die dienste van hul weervoorspellers, Annette Botha, Joel “Guy” Chabata en Anika de Beer, beëindig.

Daar sal nou van generiese weerkaarte gebruik gemaak word om die weer aan kykers te bring.

eNCA Weer het reeds in 2019 met ’n afleggingsproses begin en sy weerafdeling is gesluit. Dit was ’n bedryfsbesluit omdat eNCA van mening was dat hy nie interne weervoorspellings benodig nie, maar slegs die weer aanbied.

Botha, Chabata en De Beer is sedertdien as vryskutte aangestel.

Prof. Johannes Froneman, ’n buitengewone professor in joernalistiek aan die Noordwes-Universiteit (NWU), het gesê hoewel weervoorspellers ’n bekende deel van die nuuslandskap is, is dit te verstane dat dit nie so kan bly nie.

“Om oor die weer verslag te doen is egter ’n spesialisveld en mense soos meteoroloë voeg waarde toe tot enige nuuskantoor.”

Froneman het gesê weervoorspellers het ook ’n menslike dimensie na kykers gebring en kon met hul kundigheid weerverskynsels soos siklone, tifone en ander natuurrampe soos droogtes op verstaanbare maniere oordra.

Botha, wat vir eNCA en e.tv gewerk het, het kykers Donderdagaand gegroet en haar laaste weervoorspelling vir die nuuskanaal gelees.

Om oor die weer verslag te doen is egter ’n spesialisveld en mense soos meteoroloë voeg waarde toe tot enige nuuskantoor.

In dié uitsending het sy ook haar gunsteling-weerfoto’s van haar sowat sewe jaar by die nuuskanaal met kykers gedeel.

’n Emosionele Botha het Vrydag aan Netwerk24 gesê hoewel sy hartseer is dat hierdie hoofstuk in haar lewe nou tot ’n einde kom, groet sy die nuuskanaal met groot waardering.

“Ek het ongelooflik baie in my tyd by eNCA geleer. Die ondervinding het my gehelp om as mens te ontwikkel en het ook my professionele vaardighede geslyp.”

Annette Botha se man het haar ná haar laaste uitsending met 'n bos blomme en 'n bottel vonkelwyn verras.

Botha sê sy weet nog nie wat die toekoms vir haar inhou nie en wil eers op genesing fokus.

Sy het gesê al het die besluit deur eNCA om hul dienste te beëindig as ’n skok gekom, was dit tog ’n “goeie skok.

“Dit het my geleer dat my waarde as mens nie in my beroep en ’n titel gesetel is nie, maar in wie ek is. Ons is almal in ons beroepe vervangbaar, maar daar is nou ander dinge waarop ek kan fokus waarvoor ek nie voorheen tyd gehad het nie.”

Botha is by ’n organisasie sonder winsbejag betrokke en is baie opgewonde om nou meer tyd daaraan te kan afstaan.

Die I Am Genius-organisasie beywer hom vir die opheffing van gemeenskappe wat nie genoeg hulpbronne het nie en help leerlinge en studente, wat andersins nie toegang daartoe het nie, met private wiskundeonderrig.

Botha het ’n BSc-graad in wiskunde en sien uit daarna om nouer by leerlinge betrokke te raak om hul wiskunde-vaardighede te slyp.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.