Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Wenners van ATKV-Mediaveertjies se kyk-afdeling

Die wenners in die ATKV-Mediaveertjies se kyk-afdeling is Vrydag op die ATKV se Facebook-blad aangekondig.

Die wenners in die kyk-afdeling van die ATKV-Mediaveertjies is bekend gemaak.

Die wenners:

* Lourensa Eckard as aanbieder van kykNET Verslag en kykNET in gesprek op kykNET

* Kabous Meiring as aanbieder van Prontuit en Megaboere op kykNET

* Berdene en Janhendrik Burger as vervaardigers van Edik van Nantes, reeks 3 op kykNET & Kie

* Ivor Price as aanbieder van Landbouweekliks op VIA

Die Spreeus
Chris Vorster Foto: Nico Gous
Dwaalster
Erica Wessels Foto: Lerato Maduna

In die verhalende genre:

* Monique Rockman vir haar vertolking van die rol Beatrice Mack in Die Spreeus op kykNET

* Jorrie van der Walt as kinematograaf van Dwaalster én Die Spreeus op kykNET

* Carla Smith vir haar rol as Kitty in Tydelik Terminaal op kykNET

* Rocco Pool vir produksie-en-stelontwerp vir Dwaalster én Die Spreeus op kykNET

* Erica Wessels vir haar rol as Ragel-Lee in Dwaalster op kykNET

* Chris Vorster vir sy vertolking van Bas Koorts in Die Spreeus op kykNET

* Albert Maritz vir sy spel as Frans Loots in Dwaalster op kykNET

* Tarryn Wyngaard vir haar rol as Gina Devine in Dwaalster op kykNET

* Anna-Mart van der Merwe vir haar vertolking van Julie in Tydelik Terminaal op kykNET

* Lea Vivier vir haar rol as Lilani du Toit in Fynskrif, reeks 2, op kykNET

* Pierre-Henri Wicomb vir die klankbane van Dwaalster én Die Spreeus op kykNET

Die aktuele genre is beoordeel deur Gielie Hoffman, Mariëtta Kruger, Crystal Orderson, Harald Pakendorf en Bettina Wyngaard.

Die verhalende genre is beoordeel deur Diane de Beer, Jeff Dirks-Korkee, Cornelia Faasen, Ilza Roggeband en Réney Warrington.

Die ATKV-Mediaveertjies, reeds meer as ’n dekade die mees vooraanstaande Afrikaanse media-toekenningsgeleentheid, het vanjaar ’n splinternuwe baadjie aangetrek met sowel ’n nuwe beoordelingsformaat as die aanlyn bekendmaking van die wenners.

* Besoek atkv.org.za vir die volledige lys wenners.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.