Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Wie gaan Marc kies?

Sosiale media gons behoorlik die laaste tyd oor gissings wie nou eintlik M-Net se The Bachelor, Marc Buckner se hart gesteel het. Die een oomblik is Buckner saam met Bridget Marshall by dieselfde gimnasium in Seepunt gesien, maar die volgende het hy vir Jessica Ross ’n drukkie gegee op die promenade in Seepunt. En dis nog niks nie - volgens dié wat weet, en na aanleiding van foto’s wat op sosiale media geplaas is, het hy en Marisia van Wyk iewers saam vakansie gehou.

Volgens Lani Lombard, publisiteitsbestuurder van M-Net was hierdie reeks baie gewild onder kyker en die feit dat mense so gons is ’n goeie ding.

M-Net se The Bachelor Marc Buckner saam met die laaste drie meisies van sy keuse, Jessica Ross (28), Bridgit Marshall (31) en Marisia (24) van Wyk. Foto: M-NET

“Maar moenie enige gevolgtrekkings maak oor wie nou eintlik sy hart gesteel het nie, want verkeerde inligting kan dalk doelbewus versprei word,” sê Lombard geheimsinnig.

Hoewel dit aanvanklik gelyk het of Buckner ogies gemaak het vir Pasha, Quniso en Mulesa in die begin van die reeks, het hy uiteindelik vir Jess, Bridget en Marisia as sy gunstelingmeisies gekies.

Jess R was van die begin af ’n gunsteling onder die kykers én Marc en hy het geen geheim daarvan gemaak dat daar beslis ’n aantrekkingskrag tussen hulle is nie. Die twee het ’n paar wilde soene gedeel, selfs saam gehuil en uit die staanspoor was dinge baie natuurlik tussen hulle. Jess is reg vir trou en kinders kry, dalk presies wat Marc in dié stadium van sy lewe wil hê.

Hoewel daar aanvanklik net doodgewone platoniese vriendskap tussen Marc en Bridget was, was daar tog ook van die begin af iets baie eerlik en eg tussen hulle. Hulle verhouding het stadig, maar ook baie natuurlik ontwikkel en hoewel romanse nie onmiddellik daar was nie, het dit tog mettertyd ontstaan. Marc het self ook gesê hy sien Bridgit as die ideale reisgenoot, sy is nie verniet ’n reisagent nie.

Tog, as dit kom by passie en natuurlike aantrekkingskrag, is Marisia beslis die een. Sy was die eerste meisie wat ’n intense romantiese konneksie met Marc gehad het. Tog, ten spyte daarvan het Marc ook sy bedenkinge oor Marisia uitgespreek, soos dat sy baie skaam en teruggetrokke is. Hoewel hul fisies baie aangetrokke tot mekaar is, is die emosionele konneksie tussen hulle verdag en hy was nie seker of Marisia regtig gereed is vir die volgende stap nie.

’n Maklike keuse gaan dit beslis nie wees nie, maar die tyd raak min en net een meisie gaan met die verloofring wegstap.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.