Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Wie is dié Boer soek 'n vrou-deelnemer regtig?

Talle mense in Robertson, Ceres en Worcester sê hulle het geskrik toe hulle boer Hentie (51), nou ’n rooibosteeboer van Clanwilliam in die Wes-Kaap, op die werklikheidsreeks Boer soek ’n vrou sien.

Hulle was veral verbaas omdat hulle hom ken as Carel Kruger, ’n bandeverkoopsman wat jare in dié bedryf gewerk het. Hentie, oftewel Carel, was takbestuurder by Mastertreads in Ceres en Worcester voordat hy as plaasbestuurder in Clanwilliam begin werk het.

“Ja, ek was lank in die bandebedryf,” sê Kruger. “En ja, ek was takbestuurder op Worcester.”

Boer Hentie, oftewel Carel Kruger.
Carel Kruger

Oor die oënskynlike naamsverandering sê hy: “Baie van my vriende noem my nog steeds Carel. Hentie is bloot ’n noemnaam. Ek het as Hentie grootgeword in my ouerhuis. My hele familie ken my só; dit is hoe almal my hier ook ken.

“So, daar het geen naamsverandering plaasgevind nie.”

Daar is twee Facebook-profiele onder die naam Carel Kruger, albei met foto’s van hom. In van die foto’s is hy in die veld. Op een van die profiele dui hy aan dat hy by Groenkol Boerdery werk.

Daar is nêrens ’n profiel onder die naam Hentie nie.

Een bestuurder in die bandebedryf in die Boland, wat verkies om anoniem te bly, sê hy kon dit nie glo dat die man wat hy as Carel ken nou liefde op die werklikheidsreeks soek nie.

“Hy het baie jare in die bedryf gewerk. Ek het hom so elke drie weke gesien wanneer hy hier verbygekom het om besigheid te doen,” sê die bestuurder.

’n Bestuurder op ’n ander dorp, wat ook nie geïdentifiseer wou word nie, het ook dieselfde ervaring gehad en sê hy het dit ’n bietjie snaaks gevind om ’n bekende onder ’n ander naam op televisie te sien.

Kruger sê hy is nou al sowat twee jaar lank by rooibosteeboerdery betrokke. Hy woon en werk op ’n rooibosteeplaas buite Clanwilliam waar die 12de reeks van Boer soek ’n vrou onder meer verfilm is.

In Donderdagaand se episode het hy besluit om Des huis toe te stuur, terwyl Hantie en Hester op die plaas bly. In volgende week se episode ontmoet die vroue sy familie.

Die reeks word Donderdagaande om 20:00 op kykNET uitgesaai.

Meer oor:  Boer Soek 'N Vrou  |  Carel Kruger  |  Boer Hentie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.