SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Tv
‘Will & Grace’-aktrise sterf

Die Amerikaanse aktrise Shelley Morrison, veral bekend om haar rol as die huiswerker Rosario Salazar in die gewilde sitkom Will & Grace, is Sondag dood.

Morrison (83) het in die Cedars-Sinai mediese sentrum in Los Angeles in die VSA aan hartversaking beswyk, het die publisiteitsbeampte Lori DeWaal aan CNN vertel.

Will & Grace
Megan Mullally en Shelley Morrison in 'Will & Grace'.

Rosario was die sosiale vlinder Karen Walker (vertolk deur Megan Mullally) se Salvadoriaanse bediende wat geen nonsens geduld het nie.

Sy het dié karakter in die oorspronklike sitkom van 1999 tot 2006 vertolk.

Morrison het Rosario as een van haar gunstelingkarakters in ’n biografie beskryf.

“Sy herinner my baie aan my eie ma, wat lief vir diere en kinders was, maar gekke kon sy nie duld nie. Dit is noemenswaardig dat ons ’n ouer, Spaans-Amerikaanse vrou kon uitbeeld wat slim en skerp is wat haar man kan staan.”

Morrison is as Rachel Mitrani op 26 Oktober 1936 in die Bronx gebore. Haar ouers was Spaans en Joods.

Morrison se moedertaal was Spaans.

Haar loopbaan strek oor meer as ses dekades met verskynings in meer as 150 televisiereekse.

Sy het ook bekendheid verwerf met haar vertolking van Suster Sixto in die sitkom The Flying Nun teenoor Sally Field in die 1960’s.

Sy het in rolprente soos Mackenna’s Gold, Man and Boy en Troop Beverly Hills verskyn.

Sy was met Walter Dominguez, ’n skrywer, getroud. Hulle het ses kinders aangeneem.

Morrison het oor die jare dikwels gesondheidsprobleme ervaar. Sy voorheen bors- en longkanker gehad.

’n Verklaring deur DeWaal lui: “Shelley was trots daarop om die ontembare Rosario te vertolk in ’n komediereeks wat die maatskaplike geregtigheid vir mense uit die LGBTQ-gemeenskap bevorder het. Sy het geglo komedie is die beste manier om harte te roer.”

Meer oor:  Shelley Morrison  |  Sitkom  |  Will & Grace  |  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.